Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Project Graham Fundraiser

Goeie musiek en comedy maak verseker die lewe meer draagbaar. Dit is ook ‘n goeie manier om goeie vibes te stuur. Daarom gebeur Project Graham 7 Junie 2018 by Railways Cafe.

Dit is vir ‘n goeie rede. ‘n Spul vriende het saamgetrek om Project Graham te hou as ‘n fondsinsameling vir hulle vriend Graham wat in ‘n motorfiets ongeluk was. Sy een been moes ongelukkig afgesit word na die motorfietsongeluk. Vanaf die ongeluk en die operasie om sy been te verwyder is Graham in ‘n chemiese-koma gehou. Hy het ‘n bloedinfeksie en die mediesekostes raak net al hoe meer. Daarom betaal jy R50-R60 vir ‘n kaartjie om na Project Graham te gaan, dan help jy met die finasiële kostes en jy sturr bietjie goeie vibes in die rigting van Graham en sy vriende en famalie wat bietjie good vibes kort. Al die opbrengs van Project Graham sal gaan na die Project Graham fund.

Op die aand sal daar goeie musiek wees van Hellcats HellcatsBarCode Bandits, Atlantic Giant en DeathFromAbove1979. Daar gaan ook comedy wees deur Glen Bo Show, Kraai Du Toit, Clay Brass en Cobus Pun Rensburg.

As jy op 7 Junie voor 20:00 by Railways is, dan kos jou kaartjie net R50. Na 20:00 is dit R60 vir ‘n kaartjie. Deure maak 19:00 oop en die comedy begin 19:30 met die bands van 20:30 af. Daar gaan ook raffles wees vir band merch, booze wen ander awesome pryse.

Goeie musiek, goeie grappe, alles vir ‘n goeie rede.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *