Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kak is kak, in Engels en Afrikaans

Hallo aan al die gevaaalike lesers.

Julle weet seker nou al dat ons dit geniet om die kak uit zef musiekvideo’s te mok. Gewoonlik is dit een of ander kommin Suid-Afrikaner wat R5000 by sy/haar ouma gekry het om sy/haar sogenaamde musiektalent te explore.

Wel, vandag is ‘n uitsondering. Ons kandidaat Termanytrix is vandag se wenner en hulle sing graag in Engels. Buiten die feit dat die taal verskil, is al die ander faktore 100% dieselfde as enige zef Afrikaanse musiekvideo. Ek het so ‘n week gelede die laataand trein gestook toe hierdie pragvideo op MK verskyn. Ek kon my fokken oë nie glo nie. Ek het eers gedink ek hallucinate, maar eintlik was dit net hierdie emo-goth-metal band met die kakste haarstyle ooit.

Ek het dadelik besluit dat ek die stuk kak kuns met die res van julle moet deel. Nou ja, hier is die eindproduk: ‘n klomp zef fokkers wat in ‘n woud “jam” met woorde gelykstaande aan ‘n kleuterrympie. Ek het toe deur baie navorsing op hul lyrical game plan afgekom, en dit is as volg: when in doubt, repeat, repeat, repeat!

Geniet hom.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *