Teenage Time Killers – Hung out to Dry
Teenage Time Killers is ‘n supergroup wat bestaan uit ongelooflike musicians. Dave Grohl en Pat Smear van Foo Fighters, Nick Oliveri van Kyuss en Queens of the Stone Age, Matt Skiba van Alkaline Trio/Blink-182, Corey Taylor van Slipknot en Stone Sour, Jello Biafra van The Dead Kennedys, Randy Blythe van Lamb of God, Tommy Victor van Prong en Danzig, Lee Ving van Fear, Mike “IX” Williams van Eyehategod, Mullin se Corrosion of Conformity band mates Mike Dean en Woody Weatherman, en Karl Agell neem almal deel, saam met ‘n hele spul ander.
Teenage Time Killers het onlangs hulle eerste album aangekondig, Greatest Hits Vol. 1. Die album sal 31 Julie beskikbaar wees deur Rise Records. Die album gaan 20 songs op hê, van hulle covers en van hulle nuwe musiek. Die instrumentals is alles ge-record by Dave Grohl se Studio 606.
As ‘n voorsmakie het die groep “Hung Out to Dry” vrygelaat op die wilde internet. Rany Blythe van Lamb of God doen vocals in hierdie punk-fueled song, met Dave Grohl op bass en Mike Schaefer op guitar. Luister die song hier onder en laat weet wat jy dink in die comments.