Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wen ‘n ‘Gevaaalik op ‘n dansbaan hamper’

Lang storie kort: gevaaalik.com se hosting moet betaal word. Die hosting kos $179 of min of meer R2100. Ek is dus besig om fondse in te samel om die hosting te probeer betaal. Ek verkoop raffle tickets en as jy ‘n kaartjie koop gaan jou naam in die hoed vir die draw van die volgende prys: ‘Gevaaalik op ‘n dansbaan hamper’

Wat wen jy in die ‘Gevaaalik op ‘n dansbaan hamper’?

  • ‘n Cool Pynapple gevaaalik.com t-shirt – Waarde R200
  • ‘n Tokin’ White Guy gevaaalik.com t-shirt – Waarde R200
  • ‘n Randella R50 beursie – Waarde R110
  • ‘n 2x gevaaalik.com stickers – Waarde R20
  • ‘n Bottel Sierra Golden Tequila – R200
  • Bewell Zebra Wood Bamboo Wood Watch – R999

Totale waarde – R1729

Wat kos ‘n raffle ticket jou? Net R30. Minder as ‘n craft bier, minder as ‘n pakkie smokes, minder as ‘n pre-rolled joint, minder as om ‘n kaartjie te koop om meeste live musiek te gaan kyk. Jy kan soveel raffle tickets koop as wat jy wil, want hoe meer tickets jy koop hoe groter is jou kans om iets te wen. Koop ‘n raffle ticket vir jouself, koop een vir ‘n vriend of koop een vir jou meisie.

Reëls en gebruikers voorwaardes:

  • Die trekking vir die wenner is 4 Mei 2018
  • Jy kan soveel kaartjies koop as wat jy wil om in te skryf
  • Wenner sal Vrydag 4 Mei 2018 gekontak word via epos
  • Moet nie geld steel om raffle kaartjies te koop nie
  • Die trekking is 100% random gedoen met random.org

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *