Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat gaan Red Dead Redemption 2 pre-order kos?

Twerwyl al die fanboys met mekaar stry oor of hulle eerder Call of Duty of Battlefield gaan koop in Oktober, sit ek en lag want Red Dead Redemption 2 is vanaf 26 Oktober 2018 beskikbaar op Xbox One en PlayStation 4. Vir my is daar geen twyfel aan waarheen my geldjies gaan nie, want Rockstar stel nie teleur nie.

Red Dead Redemption 2 pre-order bonus

Red Dead Redemption 2 se preorder is nou beskikbaar vir digitale- en disc-weergawes van die game. Indien jy die game pre-order dan kry jy so paar bonus items om vir jou dankie te sê:

  • War Horse: ‘n Ardennes War Horse met beter stamina en wat meer braaf is as jou normale perd.
  • The Outlaw Survival Kit: Die kit het ‘n versameling van voorraad wat jy sal kan gebruik om jou gesondeheid, Dead Eye en ander goed mee op te vul.

Red Dead Redemption 2 digitale pre-order bonus

Indien jy fiber internet het, en die hele game sommer sal kan download eerder as ‘n kassie met die disc in koop, dan kry jy ook ‘n bonus. Sien dit maar as ‘n bonus omdat jy iets doen wat eintlik goed is vir die aarde deur nie ‘n disc te kry wat vir honderde jare op die aarde gaan wees na jy dood is nie. Let wel dat jy hierdie bonuse kry selgs as jy die game koop deur die Xbox Store of die PlayStation Store.

  • Kontant Bonus vir die storie mode van RDR 2.
  • Treasure Map: Gee jou ‘n kaart sodat jy vroeg al kan begin soek vir versteekde skatte.
  • Bonus GTA$: ‘n Ontmiddelike download wat jou in-game geld gee vir Grand Theft Auto Online. Jy kry jou hoeveelheid GTA$ afhangende van watter edition van RDR2 jy koop: Standard Edition – $500,000 | Special Edition – $1 million | Ultimate Edition – $2 million.

Red Dead Redemption 2 Standard Edition

Die Standard Edition kom met die standaard storielyn game en alles wat hier bo genoem word as jy die game pre-order. Jy kan die Standard Edition by die volgende plekke koop:

Xbox Store – R999

Loot.co.za – R899

Raru.co.za – R879

Red Dead Redemption 2 Special Edition

Die Special Edition van RDR2 kom met die standaard game en ook die volgende items:

  • Wêreld Kaart
  • Bank Robbery Mission and Gang Hideout in die storie mode
  • Dappled Black Thoroughbred: ‘n Resiesperd met ongelooflike spoed en versnelling. Die perd kom met ‘n speciale saal.
  • Talisman and Medallion Gameplay Bonuses: Hierdie spesiale items sal vir jou karakter ‘n helpende hand gee wanneer hulle teogerus is.
  • Gameplay Boosts, Kontant bonusse en aflsae
  • The Nuevo Paraiso Gunslinger Outfit: Klere wat geinspireer is deur dit wat die vaqueros en banditos dra suid van die grens.
  • Gratis toegan tot drie verskillende wapens: Volcanic Pistol, Pump Action Shotgun, and Lancaster Varmint Rifle.

Jy kan die Red Dead Redemption 2 Special Edition pre-order by hierdie plekke:

Xbox Store – R1249

Loot.co.za – R1149

Raru.co.za – R1099

Red Dead Redemption 2 Ultimate Edition

Die Ultimate Edition van RDR2 kom met alles van die Special Edition plus die volgende items:

  • Bonus Uitrusting: The Blackrose Bounty Hunter Uitrusting en The Copperhead Enforcer uitrusting.
  • Black Chestnut Thoroughbred: ‘n Resiesperd en spesiale saal, altwee beskikbaar in online.
  • Gratis toegang tot Survivor Camp Theme
  • Gratis toegang to ekstra wapens: Die Volcanic Pistol, Pump Action Shotgun and Lancaster Varmint Rifle, gratis beskikbaar vanaf Gunsmiths in online.
  • Rank Bonuse: Jy gaan vinniger kan op rank na rank 25 in RDR2 online.

Jy kan die Red Dead Redemption 2 Special Edition pre-order by hierdie plekke:

Xbox Store – R1499

Loot.co.za – R1359

Raru.co.za – R1349

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *