Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Red Dead Redemption 2: Official Trailer #2

Wat maak ‘n game goed? Daar is baie dinge wat ‘n game goed maak, maar vir my gaan dit altyd oor die storie en die gameplay. Met ander woorde is die storie goed genoeg om my in te suig en is die game fun om te speel. Red Dead Redemption het altwee daardie vereistes uit die park, en as die tweede official trailer vir Red Dead Redemption 2 iets is om op te gaan, lyk dit asof ons weer in is vir ‘n hit.

Die graphics lyk ongelooflik, en net na hierdie trailer kan ek nie wag om die storie uit te speel nie. Ek kan nie uitmaak of daar enige eintlike game play footage is in die trailer nie. Daar is so hier en daar ‘n scene wat lyk of dit game play kan wees, wat dit baie indrukwekkend sal maak graphics gewys.

In elk geval, ek kan steeds nie wag vir Red Dead Redemption 2 nie. Dit en PlayerUnkown’s Battlegrounds is al waaroor ek omgee in die nabye toekoms vir nuwe games. Check die trailer hier onder, en laat weet wat jy dink in die comments. Sien jou by rAge.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *