Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wanneer het Suid-Afrika se musiek-fans se ruggraat uitgeval?

Editors note: Ek het hierdie geskryf die dag toe Oppikoppi die boy band Twin Atlantic aangekondig het. Ek het gedink dit sal beter wees as ek dit eers bietjie laat sit en prut. Miskien voel ek nie so sterk daaroor na so week nie. Raai wat? Niks het verander nie.

Amper twee weke terug het ek Oppikoppi verdedig in hul besluit om The Parlotones deel te maak van die Koppi line up.

Die lang en kort van die stukkie was:

The Parlotones maak kak musiek en daarom sal ek net nie na hulle optrede gaan kyk nie. Daar is baie stages met baie ander cool bands wat goeie musiek maak om na te kyk.

Vandag het Oppikoppi Twin Atlantic aangekondig as nog ‘n band wat deel maak van die Fantastic Mr. Vos Vos line up. Moet nie kommer nie, ek het ook nie geweet wie defok hulle is nie. Meestal het ek nie van hulle geweet nie, oor ek nie ‘n teeny-bopper (die klas van persoon wat na pop musiek en boy bands luister) is nie. Ek luister ook nie na Jacaranda FM, Highveld of 5FM nie. Iemand het vir my ‘n link gestuur na ‘n Twin Atlantic song met die naam “Heart and Soul”.

Die naam “Heart and Soul” was reeds vir my baie kommerwekkend. Tog het ek jare trug al geleer om nie ‘n song te oordeel net op sy naam nie. Dus het ek die song ‘n kans gegee. Dit begin ok… soortvan. Dan kom die chorus en dit is net hier wat ek besef het dat ek verseker nie meer in Oppikoppi se teikenmark val nie.

“Open up your heart and your soul”

Dit is die lirieke wat in my ore in gebrand was, so erg dat ek gevoel het of daar ‘n piel-vormige brandyster merk op my voorkop was. Dit klink of Justin Bieber en Busted saam ‘n baba gehad het en hom geleer het om te praat met ‘n aansitterige Skotse aksent.

Busted Sucks a big bag of dicks

Net oor ‘n band maak of hul instrumente speel, beteken nie hulle is nie ‘n boy band nie

In my vorige stukkie het ek ook genoem dat ek verstaan dat Oppikoppi as ‘n besigheid moet groei. Ek groei self ‘n besigheid. Wat ek jou wel kan sê is dat jy nooit jou core audience moet afskryf nie. Dit is hoekom ek nie geld aanvaar om Steve Hofmeyr flieks te bemark op gevaaalik.com nie. Die amper R3500 vir so uur se werk sal gaaf wees, maar julle (my core audience) is vir my baie meer werd.

Ek weet jy gaan nou terug kom en sê dat daar steeds baie cool bands is op die Oppikoppi 2015 line up. En jy is glad nie verkeerd nie. Die probleem is dat dit nou vir my voel asof Oppikoppi meer omgee oor geld maak as wat hulle omgee oor die van ons wat al vir langer Oppikoppi toe gaan as wat die teeny-boppers balhare het.

Ek het reeds gesê dat ek tien teen een nie by die jaar se Oppikoppi gaan wees nie. Eerlikwaar as Queens of the Stone Age een van die bands is wat by Oppikoppi gaan wees die jaar, dan sal ek die trip maak. Tog dink ek nie ek hoef bekommerd te wees dat daar so ‘n goeie band gaan wees by Oppikoppi nie. Ek dink nie Queens of the Stone Age fans val in die gehoor waarvoor Oppikoppi nou mik nie.

Nou weet ek nie wat erger is nie: Die mense wat maak asof hulle weet wie Twin Atlantic is, of die wat weet wie Twin Atlantic is en maak asof hulle daarvan hou. Oppikoppi is veronderstel om ons festival te wees, so behaldel dit asseblief asof dit ons festival is.

Ek is so gatvol vir die circle-jerk wat Suid-Afrikaanse musiek industrie geraak het. Almal is te bang om iets te sê want got weet dit sal suig as jy nie media access kry nie, maar moet betaal vir jou eie kaartjie. Kan ons almal ‘n paar ballas groei, ons rugstringe terug sit, en Oppikoppi se piel uit ons bekke haal?

Ja, Oppikoppi wil groei, dit beteken nie hulle gaan nie foute maak nie. Die mense van Hilltop werk te hard om dinge te sien soos ons, die Koppi-gangers, dit sien. Dus is jou stem dik maak oor die rigting waarin Koppi beweeg nie ‘n vet middelvinger nie, dit is meer ‘n “Hey, hey, moet nie vergeet van ons nie.”

Mag jy van Twin Atlantic hou? Jy luister reeds 5FM, Jacaranda FM of Highveld en jy het daardie Justin Bieber poster op jou muur. Wat laat jou dink ek gee ‘n fok om waarvan jy hou en nie hou nie? Moet net nie vir ‘n oomblik dink ek gaan net hier sit en dit vat as jy my probeer vertel dat ‘n poppy boy band goed geneog is om by Oppikoppi te speel nie.

Baie mense gaan nou kwaad wees vir my. Miskien gaan selfs Oppikoppi se mense kwaad wees vir my. Maar raai wat? Sonder kritiek sal mens nooit mens se eie foute raak sien nie.

Dit is presies hoekom dit belangrik is dat jy tweet daaroor. Dat jy jou sê sê in jou Facebook status. Jy is immers ook ‘n Oppikoppi fan en jy is geregtig daarop om te sê as jy nie hou van die rigting waarin Oppikoppi beweeg nie.

Sonder jou core audience is jy net nog ‘n corporate wat probeer geld suig uit alles op die maklikste manier moontlik. Niemand van ons moet so wees nie, daar is genoeg hoere wat sleg betaal word in die wêreld.

You may also like...

5 Responses

  1. pisgesig says:

    Ek wil iets sê en ek gaan dit sê : Die SA music scene het verander in ‘n circle-jerk want die hele wêreld het verander in ‘n circle-jerk. En hoekom het die hele wêreld verander in ‘n circle-jerk? Verskeie redes waarvan social-media een is. Daarsy, fluit-fluit en all the rest.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Nee wat bra. Ek is very much deel van die social media ding en ek is verseker nie deel van die circle-jerk nie. Ek stem dat die meerderheid van social media ‘n mors van tyd is, maar in my geval het dit ontstaan in ‘n baie goeie loopbaan.

  3. StanmanZA says:

    Fokkit. Ek is so dankbaar dat iemand uiteindelik ‘n stel ballas gegroei het. Ruan, ek ondersteun jou 100% met hierdie artikel. SA musiek is moertoe.. daar was ‘n tyd wat mense actually die bands gaan kyk het omdat hulle die musiek wou hoor, maar nou is dit meer ‘n geval van “ons moet gaan want die cool kinders gaan” tipe kak. Feit van die saak is dit – Daar is te veel average SA bands wat feeste speel. Bands sonder enige talent vloed die plek en kry die gigs gegrond op een of ander doos wat sy buddy is. Daar is wel een ding wat my meer as dit irriteer – Die “Pappie se geld het vir my ‘n Gibson gekoop” sindroom… NB – AL wat dit beteken is dat jy ‘n spoiled doos is, nie dat jy weet hoe om ‘n kitaar te speel OF nou ‘n beter musiekant is nie. Jy is nog dieselfde ou doos wat jy gister was en jou pa het dit nou net geborg.

    Thanks vir jou page Ruan, dis befok!

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @StanmanZA: Ek is seker daarvan dat hierdie stukkie nie gaan veroorsaak dat ek extra friend requests kry nie. Gelukkig is ek happy met die vriende wat ek het. Bly jy like dit dude. Spread the word.

  1. June 9, 2015

    […] nie. Lamb of God is verseker in my top 5 bands en ek kan nie wag vir VII: Sturm Und Drang. Na die skok-pop-nuus van Oppikoppi oor die laaste paar weke kan osn doen met bietjie fokken metal. Of wat dink […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *