Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dubstep Vrydag Party Song

Jis Jis sport fans,

Lekker kommin manier om te groet, ek weet, maar dis lekker om kommin te wees op ‘n Vrydag. Die week is verby en dis tyd om te party. Ek sien dit as my plig om julle bouste in die mood te kry vir ‘n wilde teelsmeltery.

Die gevaaalike crew was verlede naweek byOmaramba. Wel, ons was daar in vlees – ek dink ons siele was op ‘n ander plek genaamd Dubstep-Hemel. Dis ‘n plek waarna ek jou nie aanwysings kan gee nie. Jy sal ook geen aanwysings op die internet vind nie, want dis ‘n bestemming wat jy self moet vind, ‘n plek wat met jou siel sal cuddle en met jou knieë sal liefde maak.

Wat ek wel kan doen is om vir jou een of twee pointers te gee oor hoe om jou siel/ligaam voor te berei vir so ‘n tipe ontmoeting. Koop ‘n dubstep CD, koop cane (verkieslik ‘n liter), kies ‘n zef plek om by te kamp, gaan eet by die local restaurant en gooi jou pelle met tamatiesous of enige sous wat jy in die hande kan kry, spoel jouself af deur in die warm swembad te swem (dit mag jy slegs in jou onderbroek doen), hardloop terug tent toe, sit jou dubstep CD op full blast en begin cane drink asof dit jou laaste dag op moederaarde is. Indien jy al die stappe volg, sal jy een tree nader wees aan Dubstep Hemel. Onthou net, gevaaalik.com neem geen verantwoordelikheid vir wat gebeur nie.

Ek kan sommer voel hierdie gaan ‘n groot naweek wees. Die RWC final is Sondagoggend en die son skyn al lekker warm. So sonder om verder kak te praat, gaan ek nou die song post. Luister dit en dans jou bous af.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *