Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van Coke Kartel – Vir Almal

Van Coke Kartel se nuwe single is nou beskikbaar for fucking free op hulle website. Ek het hom gister gaan download en dit is befok. As jy by Oppikoppi was en Van Coke Kartel se show gevang het, sal die song miskien vir jou bekend klink. Vir Almal is die song waarmee hulle die set geopen het by Oppikoppi.

“Vir almal wat ‘n goeie tyd het en dit probeer onthou,” lei die lirieke in Vir Almal. Die single is soos jy Van Coke Kartel ken en love. Balls to the wall fokken ruk en roll. Jedd Smelt jou gevreet met ‘n solo wat skrik vir niks. Jason en Wynand gee die song ‘n ruggraat soos net hulle kan. Francois se vocals laat jou kop skud en laat jou vel kriewel. Ek kan nie wag vir die vollengte album nie. En dank fok dat die ouens tans besig is om die album te record in Bellville Studios.

So waarvoor wag jy? Gaan Download Vir Almal nou by Van Coke Kartel se website. Right click op die knoppie wat sê: “Download it now” en click “Save as”. Draai die volume op tot die maksimum en rock the fuck out.

You may also like...

1 Response

  1. September 15, 2011

    […] 15Sep/110 […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *