Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Twee gaming PC opsies vir Suid-Afrikaners wat nie die bank sal breek nie

Wie het geld vir ‘n gaming PC bou?

Ek hoor jou. As ek dink aan ‘n nuwe PC bou wat van die nuwe games op die mark kan speel, dan sien ek ook net dollar signs. Tog is gaming nou groter as wat dit ooit was. Daar is deesdae baie meer casual gamers wat met ‘n console game as wat daar net 10 jaar terug was. Tog bly PC steeds die gaming rig of choice vir meeste, veral in Suid-Afrika. Juis omdat ek meer ernstig wil raak oor PUBG wil ek ook nou weer vir my ‘n PC kry waarmee ek kan game.

Daarom het ek so paar maande gelede begin navorsing doen oor waarmee meeste Suid-Afrikaner games speel op PC. Jy kan daardie lysie hier sien. Evetech het toe vir my ‘n custom build bymekaar gesit, gebasseer op specs wat ek vir hulle gegee het in terme van waarvoor ek die PC sou wou gebruik. ‘n Vriend van my het ook vir hom ‘n nuwe PC gekoop by Evetech nadat ek aangeraai het hy hulle ‘n lui gee.

Kom ons kyk na die twee PCs wat nie jou goue kredietkaart gaan laat verander in ‘n pienk kerdietkaart nie.

Die kantoor PC wat so bietjie kan game

As jy gevaaalik.com ken, dan sal jy weet dat ek heeltemal te min fokus het met wat ek doen. Ek kort nie net email en ‘n internet browser nie. Ek edit ook video, edit audio vir my podcast, edit so hier en daar ‘n foto en wil nou begin om bietjie gaming te stream ook. Dus kort ek meer as net ‘n word processor.

Daardie is basies wat ek vir die ouens by Evetech ook gesê het, saam met ‘n link na die PC wat ek gedink het ek gaan wil bou. Hier onder is die custom build wat hulle voorgestel het.

Komponenet Prys
Intel Core i3-8100 R1,899
MSI GeForce GTX 1050 3GB Dual Fan R2,699
HyperX Fury 4GB DDR4 2133MHz RAM x2 R849 x2
MSI Z370-A PRO Intel Motherboard R2,299
Western Digital Blue 250GB 2.5″ SSD R1479
Antec VP500P 500W R599
Evetech RUSH Tempered Glass Gaming Case USB3.0 6x RGB Fans R1296
Totale Prys R10,442

Onthou net dat hierdie PC sonder ‘n skerm, muis of keyboard is en ook nie jou operating system nie. Daardie kostes sal jy nog moet in wek by die res van die prys.

Die entry level gaming PC

My vriend doen editing van foto’s en soms ook video op sy rekenaar. Dus het hy iets bietjie meer hard core uit sy nuwe PC gesoek. Hy het Evetech se website gebruik en vir hom ‘n custom build gedoen wat sal voldoende wees vir “Photoshop en ander goed met editing” te doen. Gelukkig kan die rekenaar darem ook bietjie games speel. Jy kan verseker beter doen as die hier onder, maar dan gaan jy ook baie meer moet betaal. Hierdie PC kom ook met ‘n monitor, muis en keyboard by.

Komponenet Prys
Intel Core i7-7700 Budget Upgrade Kit (CPU, Motherboard en Memory) R7,599
MSI GeForce GTX 1050 Ti OC R2,699
LCD Monitor: LG 25UM58-P 25″ R2,499
Samsung 850 EVO 250GB SSD 2.5″ R1,499
Antec VP500P 500W R599
Secondary HDD: 1TB 7200RPM 64MB Cache HDD R699
Ander* R559
Totale Prys R16,154

*Ander sluit in goed soos die keyboard, muis, PC case, DVD drive ens. As jy ‘n presiese quote soek, praat met Evetech en sê vir hulle gevaaalik.com het jou gestuur.

Wat soek jy in jou gaming PC?

Hoe lyk jou gaming PC? Los ‘n comment en laat weet wat gaan aan in jou gaming PC. Die pryse in hierdie stukkie kan enige tyd verander of items kan uit voorraad uit raak

You may also like...

3 Responses

  1. Shaun says:

    Ek het ‘n Asus ROG (G752VY) gaming laptop. Ek was eers skrikkerig om die “mobile gaming” ding te doen, maar omtrent 18 maande later, en ek is nog dood gelukkig.

    Die specs staan so:

    i7 6700HQ (2.6Ghz)
    32GB DDR4 (eks nie seker oor die spoed nie)
    512GB Ultra-Fast NVME PCI-E SSD (Primary)
    WD 1TB 7200rpm HDD (Secondary)
    GeForce GTX 980M 4GB GDDR5

    ..en dan die res van die laptop gimmicks soos dvd drive ens.

    Ek sal beslis wanneer my sak dit weer toelaat, ‘n groter en beter gaming laptop aanskaf.

    Dan is daar ook die opsie (omdat my masjien Thunderbolt support), om die ROG XG external gpu station te koop, wat ek nie seker is hoe ek voel oor nie. By wootware gaan die dock jou R8 500 alleen terug sit, dan moet jy nog twee GPUs aanskaf. Met daardie bedrag kan jy reeds ‘n intermediate pc bou van scratch af.

  2. Stefan says:

    Die keuses wat jy maak is belaglik, jy kan spaar op baie ander maniere en die meeste van jou geld uitrek vir beter parte, Die feit dat jy n evetech rush case koop vir 1200 is malligheid daars baie mooi kaste wat vir dai systeem sal werk vir ver goedkoper, en hoekom n ou generasie i7 vir hom lat koop? die goed maak nie sin nie

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Stefan: Soos ek duidelik maak, ek is no expert. Ek is 100% seker jy sal ‘n beter komper kan bou vir cheaper as jy weet wat jy doen. Ek het gewerk met parte wat die gemiddelde steam user van Suid-Afrika gebruik en toe het Evetech so paar changes voorgestel. Weereens, as jy beter kan doen, doen dit verseker. Hierdie is die gemiddeld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *