Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe COD: Modern Warfare is cross platform en ek is in

Wat is Call of Duty se grootste probleem? Doodeenvoudig die feit dat hulle elke jaar ‘n nuwe game vrystel wat eintlik nie ‘n nuwe game is nie. Dit is dood eenvoudig ‘n re-skin van die vorige COD. Of, as jy gelukkig is dan kry jy ‘n COD game wat eintlik net DLC moes wees vir die vorige COD game, soos byvoorbeeld Black Ops 4. Kyk, as jy net R200 – R400 moes betaal vir die reskin of die DLC, dan sou dit piekfyn gewees het, maar elke jaar word ons met die prys van ‘n vol tripple A title gemoer. Dit is hoekom ek laas ‘n Call of Duty game gekoop het toe Modern Warfare 3 uitegekom het.

Call of Duty: Modern Warfare is anders

Ek weet, die naam Modern Warfare is al gebruik vir ‘n COD titel. Dit is seker maar wat gebeur as jy kinders uit pomp soos n arm mens in ‘n derde-wêreld land: jou keuses vir name raak op. Maar die nuwe Modern Warfare is wel anders as sy ouer boeties. Ja, boeties. Daar is nie plek vir sussies of gender queers op die battlefield nie. See what I did there?

Moet my nie verkeerd verstaan nie, Modern Warfare is nogsteeds COD. Maar dit lyk asof hulle darem die keer die moeite gedoen het om meer as ‘n paar game modes vas te plak aan die ou resep met bietjie duct tape. Ek het self nog nie die game gespeel nie maar ek het wel al te veel ure spandeer om te kyk hoe Dr. Disrespect en Shroud die game speel. Van wat ek kons sien is daar heelwat aanpassings en veranderinge.

Cross-platoform play baby

As jy enigsins soos ek is dan het jy vriende wat game op Xbox, Playstation en PC. Ek is nie die tipe rykgat wat ‘n Xbox en ‘n PC kan bekostig nie. Maar die nuwe Modern Warfare het in Fortnite (kots) se spore gevolg en nou sal jy teen enige van jou vriende kan speel wat die game het, maak nie saak op watter platform hulle die game het nie. Die is die nuus wat my laat besluit het om die game te pre-order. Nou kan ek my muis en keyboard in plug in my Xbox One en saam my vriende op PC Modern Warfare speel.

Natuurlik kan jy met controller speel op console ook, en as jy met controller speel sal jy speel teen ander spelers met controllers. Of as jy met KB/M speel dan dan speel jy teen ander spelers met KB/M. Jy kan ook nie jou input periphirals verander in die middel van ‘n match nie.

Gaan jy die nuwe Call of Duty kry?

Ek gaan. Ek is in, al kos dit R999. Gaan jy die nuwe Call of Duty kry? Ons almal weet hulle hype deesdae die lewende witwaks uit games uit, veral in trailers. Die nuwe COD is glad nie anders nie. Kyk net die multiplayer trailer hier onder. Great editing en Metallica as die soundtrack. EK IS FOKKEN IN!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *