Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Verve – Bitter Sweet Symphony

The Verve het ontstaan in 1989. Hulle was ‘n great band wat great songs geskryf het, maar ongelukkig kon hulle nie dinge bymekaar hou nie. Die band het al 3 keer opgebreek. Die laaste keer wat hulle opgebreek het was in 2009. Ek dink dit is veilig om te sê dat ons nie The Verve sommer weer as ‘n band sal sien nie.

Filter het dit seker die beste gesê: “one of the tightest knit, yet ultimately volatile bands in history”. Almal ken “Bitter Sweet Symphony” want dit is moontlik een van die beste songs wat ooit geskryf is. Ek kan onthou toe ek die video nog gesien het op M-Net se “Soundcheck”. Dit was vir my awesome hoe die ou net aanhou loop en nie ‘n fok voel oor in wie hy vas loop of waaroor hy loop nie. Deesdae as ek dit kyk laat dit my net Londen mis.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *