Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Terug in die groove van Random Gevaaalikhede

Social media is ‘n vreemde beast. Ek post daagliks op social media en mense wat my regtig ken weet om niks wat ek post ernstig op te neem nie. Vir my is social media ‘n tool om te vis vir idees om oor te skryf, niks meer nie. Wat vir my regtig skokkend is, is hoe social media deur meeste gebruik word om te highlight hoe cool hulle lewens is, en hoe gelukkig hulle is. Die voor die hand liggende waarheid is dat die lewe soms suck, niemand is 24/7 happy nie. Veral op Maandae is almal nie happy nie, dus Random Gevaaalikhede op ‘n Maandag om ‘n smile op jou gevreet te sit tussen die dele wat suck deur.

Wanneer jy op social media is, onthou dat dit ‘n edited weergawe is van mense se regte lewe. Soos alles op die internet, moet jy elke Instagram foto, elke Facebook status update en elke Tweet vat met ‘n graaf vol sout. En as jy iets snaaks sien op die internet, stuur dit gerus aan gevaaalikdotcom@gmail.com sodat ons almal kan lag daarvoor in ‘n toekomstige Random Gevaaalikhede.

Geniet die eerste Random Gevaaalikhede van die week.

Kry vir jouself ‘n media player soos die MyGica 4k Android 6 een hier bo, en verlos jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ post.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *