Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

#TakealotPUBG – Die PlayerUnknown’s Battlegrounds tournament

Maak jou Maandae meer interesant veral as jy ‘n PUBG fan is. #TakealotPUBG is Takealot wat help om PlayerUnknown’s Battleground spelers van regoor Suid-Afrika kans te gee om hul vermoë te meet teen mekaar. Vanaf 12 Maart to 9 April sal daar elke Maandagaand PUBG gespeel word om die sole survivor uit die 100 spelers te kroon.

#TakealotPUBG tournament

#TakealotPUBG – Winner, winner, chicken dinner

Natuurlik is Takealot vriendelik genoeg om uit te help met lekker pryse vir die wenners van die #TakealotPUBG sessions. Daar is KFC vouchers vir die wenners van elke rondte, maar die overall league wenners kry ‘n Steelseries M750 Mechanical gaming keyboard (R3299) vir eerste plek, ‘n Steelseries Arctis 5 headset (R2099) vir tweede plek en die persoon wat derde is wen ‘n Steelseries Rival 310 gaming mouse (R1299).

Om dinge interesant te hou is daar ‘n spul influencers ook genooi om deel te neem aan die tournament, en ek is een van daardie “influencers”. Die influencers gaan deelneem aan alternative custom game modes in PUBG, en die publiek gaan weekliks kan stem vir watse game mode die ouens/vrouens gaan speel. Die game mode wat die meeste votes gekry het sal elke Maandag wanneer die tournament plaasvind aangekondig word.

Taking part in #TakealotPUBG

Kyk die #TakealotPUBG live stream op Twitch

Al die #TakealotPUBG aksie gaan gestream word op Twitch. Ek gaan Maandag 12 Maart by die Orena Lounge wees om deel te neem aan die aksie, en ek gaan ook probeer om alles te stream op my Twitch channel. Dit is nou as die PC setup waarop ek gaan speel gaan reg wees vir streaming ook.

Neem deel aan #TakealotPUBG

Enige iemand kan deelneem aan die tournament. Jy kan van die gemak van jou huis af speel, of jy kan op die aand jou PC bring na die Orena Lounge by Emporor’s Palace om saam te speel. Daar is spasie vir 40 spelers op ‘n first come first serve basis. Ingang is 100% verniet.

Sover is daar al 425 spelers wat gaan deel wees van die aksie. Jy kan hier registreer as jy ook wil speel. Sien jou in die vliegtuig!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *