Nog twee nuwe Queens of the Stone Age Songs
Queens of the Stone Age het nog twee nuwe songs aan die wêreld bekend gestel by 'n radio optrede in België nou die dag. 'I Sat By The Ocean' en 'If I Had A Tail' is twee song wat saam met 'My God is the Sun' op hulle nuwe album ...Like Clockwork.

...Like Clockwork het 10 tracks op en die album is beskikbaar vanaf 4 Junie 2013. Die album is produce deur Josh Homme homself en daar is guest appearances deur Arctic Monkeys frontman Alex Turner, Dave Grohl, Elton John, Nine Inch Nails' Trent Reznor, en Jake Shears van Scissor Sisters.
Hier onder is die twee nuwe songs en ook die video van "I Appear Missing" se animated video waar Dave Grohl die dromme speel. Sover het ons al 4 songs van ...Like Clockwork gehoor en dit klink asof dit 'n great album gaan wees. Hier is die complete track lisitng vir die nuwe Queens of the Stone Age album.
'Keep Your Eyes Peeled'
'I Sat By The Ocean'
'The Vampyre of Time and Memory'
'If I Had A Tail'
'My God Is The Sun'
'Kalopsia'
'Fairweather Friends'
'Smooth Sailing'
'I Appear Missing'
'…Like Clockwork'
Trent Reznor kondig nuwe Nine Inch Nails toer aan
Trent Reznor het omtrent 4 jaar terug aangekonding dat Nine Inch Nails 'n breek gaan vat van musiek record en toer. Dit was 'n hartseer dag, veral vir mense soos ek wat hulle nog nie live gesien het nie. Maar Trent het volgehou dat dit nie die einde van Nine Inch Nails is nie en dat hulle sal terug wees.

Trent het gister 'n statement release waar hy bekend gemaak het dat Nine Inch Nails weer gaan begin toer die jaar en die toer gaan oor gaan na volgende jaar ook. Die musiekante wat hom vir die Nine Inch Nails toer gaan join is Eric Avery van Jane's Addiction, Adrian Belew van King Crimson, en Josh Eustis van Telefon Tel Aviv, asook van die viroge NIN collaborators Alessandro Cortini and Ilan Rubin.
Hier is Trent se statement:
NOTE FROM TRENT:
Nine Inch Nails are touring this year.
I was working with Adrian Belew on some musical ideas, which led to some discussion on performing, which led to some beard-scratching, which (many steps later) led to the decision to re-think the idea of what Nine Inch Nails could be, and the idea of playing a show. Calls were made to some friends, lots of new ideas were discussed, and a show was booked - which led to another, which somehow led to a lot of shows.
The band is reinventing itself from scratch and will be comprised of Eric Avery, Adrian Belew, Alessandro Cortini, Josh Eustis, Ilan Rubin, and me. The first shows will begin this summer, followed by a full-on arena tour of the US this fall, and lots of other dates worldwide to follow through 2014.
Lots of details and dates to come. See you soon.
TR
Goeie nuus. Ek is fokken bly hieroor. Nou moet ek net duim vashou dat Suid-Afrika deel maak van die lande waar die worldwide tour gaan verby beweeg! Hier is die awesome video vir Nine Inch Nails se "Closer", die video is graphic en die taal gebruik is nie skoon nie. As jy in 'n kantoor is saam met grensers, gebruik jou oorfone.
Luister na die debut album van Trent Reznor se How to Destoy Angels
Ek het dit al vele kere van tevore gese hier op gevaaalik.com, maar ek sal weer verduidelik wie How to Destroy Angels is net ingeval jy vandag oor die website gestrompel het na "doos lek" ge-Google het. How to Destroy Angels is Trent Reznor, sy vrou Mariqueen Maandig, Atticus Ross en Rob Sheridan.

Net een van die images wat jy sal sien op die page waar Welcome Oblivion gestream word
Ek het al vele kere oor How to Destroy Angels geskryf. En as jy nog meer details wil he kan jy net die link volg: How to Destroy Angels se shit op gevaaalik.com. Hulle nuwe album, Welcome Oblivion, kom 5 Maart 2013 uit en ek het basies al elke stukkie sneak peak van die album wat op die internet verskyn het, hier op gevaaalik.com geplaas.
Die goeie nuus is dat jy nou Welcome Oblivion kan stream via pitchfork.com. For free, maar tien teen een dan net to 5 Maart 2013, dan sal jy die album moet koop. Die deel van pitchfork.com waar die album gestream word huisves wat lyk soos die album se art, behalwe van die art beweeg. Dit lyk awesome en al is nie 'n fan van How to Destroy Angels, as jy innovative website design wil sien moet jy na die site gaan kyk.
Jy kan Welcome Oblivion nou stream van die awesome page af. As jy 'n fan van Nine Inch Nails is of enige ander werk van Trent Reznor is dan mag jy dit dalk net die moeite werd vind. Ek like dit, wat dink jy? Los 'n comment.
How to Destroy Angels – How Long
Trent Reznor se nuutste side project, How to Destroy Angels, wat hom weg hou van Nine Inch Nails is gevorm saam met sy vrou Mariqueen Maandig, art director Rob Sheridan en briljante composer Atticus Ross. Die band se nuutste video het gister op die interwebs verskyn. "How Long" is 'n song van die komende album Welcome Oblivion.

Die video is deur Shynola, 'n visual arts collective, direct. Hulle het die video gemaak nadat die band met hulle gepraat het:
had a great conversation where the band articulated their ideas about modern identity, the effect of technology on culture and our inability to connect with others.
How to Destroy Angels se nuwe album, Welcome Oblivion, sal vanaf 5 Maart 2013 beskikbaar wees.
How to Destroy Angels se eerste vollengte album is oppad
How to Destroy Angels is een van die projekte wat Trent Reznor aan werk terwyl hy 'n breuk vat van Nine Inch Nails. An Omen is How To Destroy Angels se nuutste EP wat al van November laas jaar beskikbaar is. Omtrent 15 ure terug het hulle bekend gemaak dat hulle eerste vollengte album vanaf 5 Maart 2013 beskikbaar gaan wees.

Ek like How To Destroy Angels baie, meestal oor ek 'n groot fan van Trent Reznor is. Ek het altwee die EPs en ek gaan verseker vir my die vollengte album kry as hy uitkom. Hier onder is twee video's vanaf die An Omen.
How to Destroy Angles – An Omen EP
Trent Reznor se projek saam met sy vrou, Mariqueen Maandig en Trent se ander ander long time collaborators Rob Sheridan en Atticus Ross se nuwe EP is oppad. How to Destroy Angels se An Omen is van volgende week af beskikbaar. Jy kan wel die hele EP hier onder stream.

As jy, soos ek, 'n Nine Inch Nails fan is gaan jy verseker hou van How to Destroy Angels. Dit het daardie distinctive Trent Reznor klank met female vocals, al deel Trent ook van die vocal responsibilities. As jy al ooit gewonder het hoe dit lyk as 'n song record word saam met Trent Reznor kyk die video hier onder.
Ek was lanklaas so opgewonde oor 'n album. Die goeie nuus is dat ons binnekort miskien ook weer 'n Nine Inch Nails album sal kry. Sedert Nine Inch Nails se hiatus in 2009 was daar nog geen sprake van wanner NIN weer sal musiek uit bring nie. "All signs point to yes. There are some things in the works." het Reznor gesê aan Rolling Stone magazine. Reznor het ook gesê dat Nine Inch Nails miskien weer live sal begin optree "if it feels right.".
Jy kan die An Omen nou pre-order van die How to Destroy Angels websites af vir five dorra. Onthou, vandag is ook jou laaste kans om in te skryf vir die Synergy Live Johannesburg kaartjies wat ons weggee.
