Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nine Inch Nails – Find My Way

As dinge so aanhou gaan ons Hesitation Marks, die nuwe album van Nine Inch Nails, in sy entirety hoor nog voor die album beskikbaar is op 3 September. Laas week het ons “Everything” gehoor en die week kry ons “Find my Way”.

Nine Inch Nails - Find My Way

Ek kan nie wag vir Hesitation Marks nie. Soos met alle goeie albums wat longevity het vat Nine Inch Nails albums gewoonlik so rukkie om regtig into it te kom, maar dan kan jy maar weet dit is ‘n album waarmee jy nooit verveeld sal raak nie en nog oor en oor sal luister. So ver klink elke song wat ons al gehoor het van die nuwe album af anders.

Came Back Haunted” voel baie meer soos Trent Reznor van Pretty Hate Machine. “Everything” was ‘n lekker upbeat new-wave-ish song, maar “Find My Way” is daar so klein How to Destroy Angels flavour aan die song. Dan is daar natuurlik “Copy of A” waaroor jy maar self moet besluit. Hier onder is die rip van “Find My Way” vanaf Zane Lowe se show op BBC radio. Is jy so opgewonde soos ek oor die nuwe Nine Inch Nails Album? Laat weet my in die comments.

Hier is ook ‘n video van Nine Inch Nails wat “Find A Way” live speel by Fuji Rock 2013.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *