Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Spontaneous Combustion vs. Spontaneous Orgasms

Vandag se post is spesiaal vir musiekliefhebbers. Indien jy ‘n moerse fan van musiek is, het jy ’n befokte paar maande agter die rug. Daar is soveel nuwe CD’s vrygestel (en fokken goeies) dat ek nie eers weet waar om te begin nie.

Ok kom ons kyk. Daar was vrystellings van Red Hot Chili Peppers (RHCP), Coldplay, The Kooks, Queen en Kasabian, net om ‘n paar te noem. Vandag wil ek graag fokus op twee van die bands: RHCP en The Kooks.

Nou kyk, maak nie saak van watter musiekgenre jy hou nie, jy sal altyd van RHCP hou. Dis nou as jy nie een van daardie mense is wat van platoniese Afrikaanse pop-wannabe-musiek hou nie. Enige iemand met klas sal saamstem dat RHCP een van die befokste bands van ons tyd is. Ek dink vir seker so!

Hulle het op 30 Augustus vanjaar hulle nuwe studio-album release. Dis getiteld I’m With You. Ongelukkig het John Frusciante die band verlaat, maar hy is vervang deur sy beste vriend Josh Klinghoffer. Ek kan self nie aan enigiemand beter dink nie. As jy na die album luister hoor jy iets bekends, maar met ‘n moerse twist. Flea het ook intussen begin om musiek te swot en mens hoor dit in sy baselines. Meeste van die songs is eers op klavier geskryf en daarna verwerk na rock & roll toe. Fokken goeie rock & roll, as jy my vra. Anthony die vocalist is steeds dieselfde en hy gooi daardie lirieke soos ‘n brick layer wat ‘n RDP huis bou.  Die album bevat 14 snitte en glo my, jy kan op almal van hulle dans, behalwe dalk vir “Brendon’s Death Song”. Dis meer ‘n ballad en weereens ‘n fokken goeie een.

Gaan doen jouself ‘n guns en YouTube ‘n paar videos van die nuwe Chilies album. Be prepared to be amazed.

Right, die spontaneous combustion is agter die rug. Nou vir die spontaneous orgasm-deel.

Enter The Kooks.

The Kooks is beslis nie so groot in SA soos in die res van die wêreld nie. Junk of the Heart is hulle derde studio-album, en bestaan uit 12 snitte pragkuns. Hulle styl kan beskryf word as indie met ‘n moerse reggae twist. Die vocalist is iets om te beleef. Enige 13-jarige of ouer girl se panties sal onmiddelik begin smelt as hulle die ou live moet sien. Nie omdat hy ‘n looker is nie, maar omdat hy hul romanties sal betower met sy accent en nuances.

Die band het al verskeie billboard hits gehad. Hulle lead guitarist is ‘n regte ginger en nogal ‘n sight om te sien, maar een ding is verseker: hy weet hoe om ‘n guitar te laat dans. Die storie van hoe The Kooks begin het is nogal snaaks. Gaan lees dit gerus op Wikipedia.

Ek los julle met ‘n video van The Kooks. Gaan koop die fokken twee albums en dans jou knieë af.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *