Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Chad Kroeger rook tik, dink hy is beter as Corey Taylor

Laat ek sommer begin deur te sê dat ek in die verlede al vir Nickelback verdedig het. Hulle het hier en daar al ‘n paar mean rock songs gekryf. Net jammer hulle water altyd die rock af met commercial pop drivel sodat hulle radio play kan kry. Met dit gesê, Chad Kroeger is geen fokken Corey Taylor nie.

Dit wil voorkom of Chad ‘n ander opinie het, want hy reken hy is beter as Corey Taylor en Stone Sour/Slipknot.

“They had to put on masks and jump around. How good can your music be if you’ve gotta beat each other up on stage, throw up in your own masks every night…? I mean, music shouldn’t come with a gimmick; music should just be music. None of my favorite music comes with a gimmick.” sê Kroeger.

Dit is baie ironies. Aangesien Kroeger ‘n ding gehad het met Avril Lavigne dink ek nie hy moet begin praat oor musikale standaarde of smaak in musiek nie.

In die interview het Chad gepraat oor die “diversity” van Nickelback se musiek (onthou die pop drivel waarvan ek vroër gepraat het, “diversity”) en dat daar geen ander band so “diverse” is soos Nickelback nie. Toe die interviewer Stone Sour noem as ook ‘n baie diverse band kon Chad nie sy bek hou nie.

“Corey Taylor has said some really nasty things about me before in the press. He talks about how easy it is to write a hit song. Well, show me. Show me. Write one. I have yet to hear one. They’re okay. But they’re not as good as NICKELBACK. They sound like ‘NICKELBACK Lite.'”

Ag shamepies, Chad se gevoelens is seer oor iemand uitgewys het presies wat hy doen: Tos poppy tunes skryf om albums te verkoop. Enige persoon wat al enige Corey Taylor songe gehoor het weet dat hy kan musiek skryf. Corey begin elke song wat hy skryf op die acoustic guitar, selfs die Slipknot songs waar hy betrokke was by die skryf.

Ek dink wat regtig hier besig is om te gebeur is dat Chad ‘n tik probleem het, en dat hy besef dat oor 50 jaar niemand meer na sy songs gaan luister nie. Terwyl Slipknot/Stone Sour en Corey Taylor net aanhou groter en groter word, raak Nickelback net al hoe meer weg.

Hey Chad, as jy die lees wil ek net gou vir jou iets sê en uitwys:

Ek wil nie een van daardie Nickelback hating hipsters wees nie, maar jou band is die epitoom van kak as jy dit vergelyk teen bands soos Slipknot en Stone Sour. Jy hoef nie te wag vir Corey om “hit songs” te skryf nie. Corey het tonne hits al geskryf en ek het so paar vir jou hier onder gesit. Net oor ‘n song op die radio gespeel word, maak dit nie goeie musiek nie Chad, en dit is verseker ook nie ‘n aanduiding van ‘n “hit” nie. Al wat dit eintlik wys is dat jou record label bereid is om te betaal om jou song op die radio te laat speel, anders sal niemand ooit ‘n Nickelback song hoor nie. Jou fokken loser, gaan kruip terug in Avril se skaterboy skoot in.

You may also like...

1 Response

  1. July 26, 2017

    […] ontou so paar weke gelede toe Chad Kroeger gesê het Corey Taylor kan nie goeie musiek skryf nie? Ai, ons het darem so lekker gelag vir […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *