Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sick Love – Nuwe Red Hot Chili Peppers Video

“Sick Love” het ‘n liriek wat vir my dadelik uitgestaan het, want ek dink ek ken daardie reuk.

I can smell the Prozac in your pretty hair

Antony Kiedis het verseker ‘n baie vreemde obsessie met California. Veral Hollywood en Los Angeles. Die nuutste Red Hot Chili Peppers song gaan weereens oor die obsessie. Ek moet erken dat ek lanklaas opgewonde geraak het oor iets wat die Chili Peppers gedoen het. Ek mis John Frusciante. Ek weet dit is simpel van my, maar ek kan dit nie help nie. Die Red Hot Chili Peppers is net nie dieselfde sonder hom nie.

Californication is steeds my gunsteling Red Hot Chili Peppers album. Ek weet nie presies wat dit is van daardie album nie. Dit kan seker John Frusciante se guitar wees, of hoe goed hy en Anthony Kiedis harmonize. Miskien is dit omdat die legende Rick Rubin die album produce het. Met dit alles gesê, daar is iets van “Sick Love” wat my herhinder aan Californication.

red hot chili peppers sick love

“Sick Love” is Red Hot Chili Peppers se nuwe single en die tema van die song is weereens California, LA en showbiz. Die video is ‘n vreemde animated een wat voel asof dit gedoen is deur ‘n bra wat balls trip op ‘n kombinasie van drugs. Dit is ‘n cool song, en na die tweede keer wat ek dit geluister het, het ek myself vang saam sing.

Check die weird video vir “Sick Love” hier onder en laat weet my wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *