Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat sal feministe toelaat in games?

Dit is geen geheim dat ek dink radikale feministe het die feminisme beweging vernietig nie. Die grootste probleem is dat meeste radikale feministe geraas maak oor snert en dan kies om die feite een kant te hou, om hulle eie agenda nog meer te stoot.

DOA sexy

Sexism in games is een wat veral aandag kry van radikale feministe af. Die feit dat denkbeeldige karakters uit games lyk soos wat baie min (selfs geen) vrouens lyk nie maak word baie beskryf as iets wat ‘n fals beeld skep van hoe vrouens se lywe moet lyk. As iemand wat al baie van my aandag geskenk het aan die vroulike vorm. Ek is ook dus 100% bewus dat regte vrouens nie lyk soos die opgemaakte karakters in games soos Dead Or Alive nie. Mens sou dink dat radikale feministe die selfde logika kon volg. Ongelukkig staaf die feit nie hulle sinnelose agenda nie.

Ek is ‘n maer ou en ek lyk glad nie soos baie van die manlike karakters in games nie. Tog hoor jy my nie grens daaroor nie. Want ek kan verder as my neus dink en ek weet dat game karakters denkbeeldig is, opgemaak. Hier is ‘n video wat baie mooi illustrate hoe sinneloos hierdie sexism in games rhetoric is.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *