Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tony Hawk’s Pro Skater 1 + 2 Remastered

Vat my terug na 1999, toe ek 14/15 jaar oud was. Dinge was soveel meer eenvoudig en as ons nou eerlik gaan wees, 2020 suig piel. In 1999 of 2000 het ek ‘n PlayStation 1 gekry en van die eerste games wat ek gekry het vir my PlayStation was die volgende, in volgorde: Tekken 3, Metal Gear Solid en Tony Hawk’s Pro Skater. Al drie uitstekende games, maar ek dink Tony Hawk’s Pro Skater was die een wat die meeste ure in gegaan het.

Tony Hawk’s Pro Skater Remastered

As ek terug dink aan my tyd met THPS 1 en 2 is een van die eerste goed wat opkom die ongelooflike soundtrack van die games. Goldfinger, Motorhead, Powerman 5000 en tonne ander songs wat hierdie jong skater kid se musieksmaak vir die res van sy lewe beinvloed het. Behalwe vir die hele 4k graphics rework van THPS 1+2 gaan baie van die original soundtrack ook deel wes van die game se remaster.

Jy sal ook al die skate spots wat jy ons in die oorspronklike een gespeel het weer in die remastered weergawe kan speel, asook al die oorsprinklike skaters. My vriende het op ‘n stadium begin weier om die games teen my te speel, omdat ek heeltyd gewen het. Gelukkig is daar in THPS1+2 ‘n nuwe online multiplayer feature, so ek sal steeds mense kan aanvat al wil my vriende nogsteeds nie die games teen my speel nie.

Die remastered THPS gaan ook so paar features hê wat eers verskyn het in THPS3, naamlik reverts. Reverts veroorsaak dat jy mal trick combos kan doen en scores kan kry wat belaglik hoog is. Nie net sal jy en jou vriedne mekaar kan aanvat in online-multiplayer om mal combos te doen nie, maar jy sal ook kan speel op jou eie skate parks wat jy self gebou het in die “park builder”.

Jy gaan glo maklik tussen 1 en 2 van die games kan hop, en jou progress word oor altwee games (1 en 2) gehou, op een of ander manier. Die game gaan beskikbaar wees op Xbox One, PlayStation 4 en PC vanaf 4 September 2020. Pre-orders kry toegang tot die Whorehouse level. Ek gaan pre-order, verseker!

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *