Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dishonored 2 – Sluipende, bloedige prag, op jou manier

Ek is ‘n fan van stealth games. Om my tyd te moet vat pla my nie, op my eie vreemde manier geniet ek dit. Om jou missie gedoen te kry sonder dat enige van die wagte eers geweet het jy is daar, is in baie games ‘n amper onbereikbare doelstelling. Juis daarom is dit maklik vir my om ingesuig te word en te probeer kyk hoe naby ek aan die doelwit kan kom as moontlik. My liefde vir stealth het begin by Metal Gear Solid en aangegaan tot by Thief.

dishonored_2

Toe ek by rAge was het ek die voorskou gesien van Dishonored 2, en dit het vir my net so cool gelyk soos wat Dishonored se voorskoue vir my gelyk het. Ongelukkig ek het nooit die eerste Dishonored gespeel nie, so toe ek die kans kry om Dishonored 2 te speel, kon ek nie wag nie.

Kom ons kry dit uit die pad, hoe is Dishonored 2?

Ek is bly ek het nooit die oorspronklike Dishonored gespeel nie, want nou kan terug gaan om dit ook te speel, dit is nou nadat ek Dishonored 2 reeds eenkeer deer gespeel het. Ja, ek het fokken baie van Dishonored 2 gehou.

Dishonored 2 is dieper as net ‘n game

Jy het ‘n keuse tussen twee karakters in Dishonored 2: Corvo Attano die protagonis van Dishonored en Emily Kaldwin, die keiserin van Dunwall. Die wêreld van Empire of the Isles het my dadelik ingesuig met die steampunk en industrial revolution, gebou om windkrag en walvisolie. Ek was glad nie verbaas toe ek uitvind dat die worldbuilding vir Dishonored meer as ‘n jaar se werk gevat het nie.

dishonored-2-karnaca-streets

Reg deur die game is daar “boeke” om te lees. Ek sit boeke in aanhalingstekens wat dit is meestal minder as 500 woorde se teks, as ek sou moes raai. Daar is ook stukkies pappier, notas en dagboeke om te lees, en aan die begin het ek baie van die leesmaterial ignoreer. Dit nou tot ek ‘n kode vir ‘n hek moes soek iewers in ‘n kantoor op ‘n stukkie pappier, toe eers kom ek agter hoe baie kleiner details daar is ooral verstrooi deur die game as jy net die tyd sal vat om dit te lees.

Jou keuses maak saak

Reg aan die begin kan jy kies met watter karakter jy gaan speel, Corvo en Emily het albei hulle eie unieke vermoëns in magic. Corvo het “Blink”, ‘n tipe van kort aftand teleportation, onder andere. Emily het ‘n soorgelyke krag, maar dit is meer soos deurskynende arms wat haar trek van een punt to die volgende, ook onder andere. Dishonored 2 moedig jou van die eerste keuse af aan om die game te speel soos wat jy wil.

dishonored_2-corvo-and-emily

Dit is moontlik om Dishonored 2 van begin tot einde te speel sonder om ‘n enkele persoon te vermoor. Jy kan almal net so maklik bewusteloos wurg as wat dit sal wees om hul keel af te sny, as jy die stealth gameplay gebruik kan jy amper altyd naby genoeg kom om iemand net uit te wurg. Jy kan ook net guns blazing die deure afskop en begin moor as dit is wat jy kies om te doen. In my geval het ek gegaan met stealth, maar aan die bloeddorstige kant van die spektrum.

dishonored-2-gameply-violence

Ek het vinnig agtergekom dat die game al hoe donkerder raak soos ek aan speel, en toe is dit wat ek uitvind dat my bloeddorstige slagting van wagte is wat die donker toon stel. Nie net kan jy kies of jy gaan moor of genadig wees nie, maar dit is in baie gevalle ook moontlik om jou doelwit te bereik sonder om enigsins met die wagte interaksie te hê. Jy kan net deur sluip, soos ‘n skim in die nag.

Omdat ek nie baie goed is met die combat in die game nie, het ek natuurlik gegaan vir die stealthier benadering. Ek was verseker baie meer geweldadig as wat nodig is en volgende keer sal ek ‘n meer passiewe benadering gebruik, om te sien hoe die uitkoms van die storie verander.

Dishonored 2 is ‘n vindingryke ondervinding

Alles van die wêreld waarin Dishonored 2 afspeel het my ingesuig. Die samelewing, hoe krag opgewek word, die steampunk tegnologie, selfs die propaganda het my aandag gekry. Elke level wat jy speel is groot en juis oor jy kan kies hoe om te speel is daar baie versteekte elemente om te ontdek. Van die goed wat jy ontdek sal jou beter abilities gee, vir jou magic of vermoë om te vermoor. Ander items gee jou leidrade om jou te help deur die loop van die game.

Jy kan ure spandeer deur net te probeer om elke toekombare deel van elke level te ontdek. Geboue wat toe is oor Bloodfly infestasie, en ook huise en kantore op baie levels het ‘n oop venster of deure as jy net so bietjie klim en klouter en magic gebruik om die versteekte ingang te vind. Tydens dit alles is daar ook wagte en ander AI wat jy moet uitoorlê. Ek is seker om traps te stel, wagte te lok en met stealth ontslae te raak van hulle vat baie langer as net in storm en skiet, maar die belangrikste ding in Dishonred 2 is dat jy die keuse het om dit te doen soos jy wil.

Ek sou graag die levels weer wou kon speel

As ek een negatiewe ding moes sê oor Dishonored 2 dan sou dit wees dat ek nie enige van die levels kan replay soos ek wil nie. Om ‘n level oor te speel moet jy ‘n hele nuwe gaam begin of terug gaan na ‘n vorige save van jou game. Veral in ‘n game waar daar soveel manier is om situasies te hanteer en dinge te doen, sou dit lekker gewees het om ‘n level at the click of a button te kon oor speel.

https://youtu.be/U0jYmS1m_Pc

Ek gaan versker Dishonored 2 weer speel, veral omdat ek Corvo gekies het as die karakter waarmee ek wou speel. Natuurlik sal ek die game dan weer wil speel met Emily, want ek is nuuskurig om te sien hoe haar Domino ability werk.

Dishonored 2 is ‘n baie wel geronde game. Die storie is aanloklik, die wêreld is verby indrukwekkend. Die AI is slimmer as baie AI wat ek al teen gespeel het, tog was dit maklik om hulle uit te oorlê solank ek net so ver moontlik bo hul koppe gebly het asof ek eintlik Batman speel. Die graphics los ook nie veel te wense nie, en as violence jou ding is dan gaan jy Dishonored 2 baie meer geniet as wat jy eintlik moet.

dishonored-2-violence

As stealth jou ding is, of jy voel jy wil ‘n stealth game probeer want jy is meer ‘n skop, skiet en donder tipe speler dan is Dishonored 2 ‘n great plek om te begin. Juis omdat jy kan kies hoe dit is wat jy wil speel is dit ‘n great stealth game vir ervare en onervare stealth spelers.

Vir die goedkoopste pryse op digital game purchases, try CDKeys.com en kry Dishonored 2 nou vir jouself.

You may also like...

2 Responses

  1. November 30, 2016

    […] Bloederige prag is net een van die dinge wat jy kry in Dishonored 2. Lees meer oor die awesome stealth game hier. […]

  2. May 5, 2017

    […] Bethesda’s new Sci-Fi adventure game has launched. Yes I’m talking about Prey. To celebrate this they dropped a revealing launch trailer yesterday just to show what we can expect from the new first-person action-adventure. The trailers shows us some of the enemies that you will face together with some weapons abilities that you will be able to develop during gameplay. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *