Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Pawn Stars South Africa: Want OLX bestaan mos nie

Asof ons nie genoeg kak Suid-Afrikaanse TV het nie, het A+E Networks nou besluit om nog kak TV in ons kele te probeer af forseer. Ons behoort trots te wees want hierdie is die eerste A+E Networks locally commissioned show in Afrika. Wat A+E Networks vergeet om noem is dat die show wat ons kry Pawn Stars South Africa is, maar ‘n afgewaterde (as dit meer dom en afgewater kan raak as die oorspronklike) weergawe van Pawn Stars.

Pawn Stars South Africa

Pawn Stars South Africa, of ‘Roy en sy rakkers’

Pawn Stars South Africa se akteurs

In die hoofrol (ja hoofrol, moet nie vir my daardie kak spin van Pawn Stars is regtig nie) het ons vir Roy Peretz, ‘n knaap wat lyk asof hy net soos Loly Jackson, once uit Kempton Park gekruip het. Hoekom het Roy die show gekry? Wel, hy het ‘n pawn shop, glo. A+E het die volgende te sê gehad oor Roy en Pawn Stars South Africa:

Pawn Stars South Africa was produced by Rapid Blue and the South African version follows the eccentric Johannesburg pawn shop owner Roy Peretz, who deals with all kinds of South Africans trying to sell him anything from a 19th century German pencil sharpener to a YAK-52 Soviet-era aeroplane.

Eccentric? Ek wonder wat maak hom eccentric? Die feit dat hy ‘n pawn shop het in ‘n era waar meeste van ons, ons ou useless shit verkoop op OLX en Gumtree? Of miskien, die feit dat hy in Spanje gebore is? Miskien is dit die Kempton-lounge-lizzard look? Of dit kan moontlik die groepie mense wees wat saam met Roy op die breindodende nuwe History Channel program gaan verskyn wat hom laat eccentric voorkom. In tipies Suid-Afrika styl het hulle mooi die token black guy ook in die reeks getypecast.

Wat kan ons verwag van Pawn Stars South Africa?

Pretty much wat jy kan verwag van die Amerikaanse weergawe van die program; breinskade. Wat in die program gaan gebeur is ‘n spul wannabe-famous-mense gaan maak of hulle een of ander ou stuk stront het wat by die huis lê, wat niemand op OLX of Gumtree wou koop nie. Dan vat die wannabe-famous-mens sy stuk stront na Roy se pawn shop. Dan sal Roy, of sy groep van z-list akteurs vir die wannabe z-list akteur vertel wat sy stuk stront eintlik werd is. Kan jy nou glo dat oorlede oupa se weggooi skeermes toe eintlik duisende sente werd is?

Dit is seker beter as die status quo waar Centurion drug addicts hul pa se karradio verkoop vir R120.  Dis reg, ek was al in ‘n Cash Crusaders waar ‘n twitchy bra ‘n splinternuwe karradio probeer pand het aan ‘n bra met ‘n goue chain (aan die buitekant van sy Powerhouse hemp).  Die bra (met die chain) kyk die radio so aan, hy reken “R80”.  Die addict stry en krap sy way na R120 en fokkof.  What a guy.

Dus, as jy nog nie dink jou kinders is onnosel genoeg nie, kan jy hulle nou forseer om Pawn Stars South Africa te kyk, asook die fake documentary kanaal Discovery.

You may also like...

7 Responses

  1. WTF says:

    WTF ——- ? really SA pawn stars _-_-_ 10 % real old stuff —- 90 % stolen stuff
    PS . FIRST !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. baardman says:

    Haha, hierdie het my nou lekker laat lag. Porn Stars SA sou baie meer exciting wees.

  3. ppip says:

    Wel, koper is ‘n edelmetaal in RSA.

    So 99% van die stuff gaan koper bangles wees of gebrande/charred draad….

  4. ppip says:

    Add to my vorige comment: “Sponsor Telkom die show?”

  5. rot says:

    Plaas hulle net “hidden cams” in ‘n JHb pawn shop sit. dit sal sekerlik beter kyk stof gewees het! Dan kan jy darem vir jou goed koebye sê op TV

  6. Legio says:

    Wat n pot snert

  7. francois says:

    Net n klomp k@k ….low budget. Regte klomp dom ouens. Wens die storie kan hulle van history af haal en en iets beter in sit….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *