Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: Juan de Nova Island

‘n Leser genaamd Pierre het my deur middel van ‘n comment op laasweek se gevaaalik.com Wêreldspektrum oor Europa Island laat weet dat ek ‘n fout begaan het.  Ek het genoem dat Europa Island ook bekendstaan as Juan de Nova Island.  Dis pretty much soos om te sê dat Suid-Afrika ook bekendstaan as Malawi, so eks jammer daaroor.  Weet nie hoe dit gebeur het nie.

In lig van Pierre se comment sal hierdie week se gevaaalik.com Wêreldspektrum handel oor Juan de Nova Island.

Juan de Nova top

Juan de Nova van bo af. Hierdie foto laat dit verkeerdelik lyk of dit dalk ‘n aktiewe vulkaan mag wees.

Hierdie eiland is ook, net soos Bassas da India en Europa Island, in die Mosambiek-kanaal.  Juan de Nova is baie klein, slegs 6 x 1.6 km.  Die water en weer is ewe warm en weereens, omdat daar nie mense kom nie, is dit een van die beste duik- en visvang spots ter wêreld.  Die eiland is omring deur riwwe en skeepwrakke (soos die SS Tottenham) en is self hoogs tropies.  Dit is pleinweg net ‘n paradys.

Juan de Nova is in 1501 ontdek deur Juan de Nova (bietjie pretentious as jy my vra), ‘n Spaanse admiraal in diens van Portugal.  Dit is vanaf 1897 (fokken weereens) Frankryk se eiendom.  Wat soek die Frenchies hier rondom Afrika?  Die liggies brand mos nie hier nie?  Anyways, die eiland is geklasifiseer as ‘n natuurbewaring area en ook as ‘n “Important Bird Area” of IBA deur Birdlife International.  Dit is ‘n hotspot vir die Sooty Tern (dis ‘n voël) met tot 100,000 broeipare op die eiland op ‘n slag.  Daar is ook baie seeskilpaaie soos jy sal sien op die video.

Sooty tern

‘n Sooty tern wat liefies in sy/haar kind se bek kots. Te pragtig.

Madagaskar is onder die indruk dat Juan de Nova hul eiendom is, maar die Franse vlag wapper en Frankryk besit en beman ook die weerstasie.  Nie baie oortuigend van Madagaskar se kant af nie, maar nou ja.

Juan de nova top 2

‘n Foto vanuit ‘n vliegtuig, ongelooflik.

Ek sluit af met ‘n video.  Gegewe die grootte en relatiewe isolasie van die eiland, loop die Internet nie regtig oor met videos oor die plek nie.  Ek het ‘n mooi kwaliteit video opgespoor, maar dit is ongelukkig in Frans.  Sit dit op mute en luister maar ‘n mooi Eddie Vedder liedjie.

 

You may also like...

1 Response

  1. Scuba Styfpiel says:

    Goeie post! Ek sien daar is ‘n landingstrip op die eiland. Kan mens soontoe vlieg?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *