Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oulap se Rooi – KykNET se Fake Reality TV Program

As jy enigsins onder die indruk was dat enige Reality TV show, reality is, dan dink jy seker ook Kim Kardashian is ‘n artist, en nie net ‘n porn star nie. In daardie geval is daar in elk geval geen hoop vir jou nie. Jy gaan op die bank sit en chips vreet tot jou hart uiteindelik opgee. Good luck, dummy.

Dieselfde as wat hier bo staan tel vir jou as jy KykNET kyk. Veral nou dat KykNET se een program uitgevang is dat hulle Reality TV show Oulap se Rooi ‘n groot, vet fake is. In fact, die show is so fake, draai dit uit, dat die enigste ding meer fake die aanbieder K2 Twins se biceps is.

Oulap se Rooi upgrade Franna se kooi

Ja, daar is nie regtig verskillende vertrekke van verskillende mense se huise oorgedoen nie. Wat eintlik gebeur het is dat een van die show se producers se huis net een vertrek op ‘n slag ‘n makeover gekry het. Die ene Francois van Wyk het ook sommer sy vriende gevra om te maak of hulle eienaars is van die denkbeeldige huise wat se vertrek ‘n makeover kry. En weet julle wat? Ek wed julle Francois van Wyk het soos ‘n baba geslaap in sy madeover slaapkamer, totdat Rapport se Jaco Nel gister die bom laat bars het.

Kyk, ek het nog nooit die Oulap se Rooi (fok, selfs die naam is vertraag) gekyk nie. Ek is ook nie van plan om nou te begin nie. Ek hoef nie, kyk net hoe fake lyk daardie twee K2 Twins lyk wat die program aanbied. Daar brand nog ‘n paar Suid-Afrikaanse z-lister celebrities hulle 15 minute. Moet nie kommer nie ouens, ek is seker daardie biceps is moerse handig as jy burgers moet begin flip by die Vredendal McDonalds.

Oulap se Rooi Fake show

Natuurlik beweer wil Francois van Wyk en sy production company nou dat dinge heeltemal uit konteks gevat is. Hulle het selfs ‘n damage control persverklaring uitgesit. Natuurlik het hulle dit nie vir ons by gevaaalik.com gestuur nie. Gelukkig ken ons mense, want mense ken, wat mense ken, en toe kon ons ons hande op die persveklaring kry.

“This past weekend; the Afrikaans Sunday newspaper; Rapport, ran a story about alleged financial and ethical irregularities on Oulap se Rooi; an Afrikaans home makeover-show broadcast on DStv’s Kyknet-channel. In this article; the journalist, Jaco Nel, makes sweeping accusations against the show’s production company, Seven20 Entertainment and singles out Executive Producer, Francois van Wyk and his co-producer; Ursula Chikane.”

Ek het Jaco Nel se stukkie gaan lees, en dit lyk vir my of hy redelik reg was met sy artikel waarin hy sê dat Seven20 allegedly vir KykNET en die publiek gelieg het. Of, ten minste vir ons almal die indruk probeer gee het dat dit verskillende huise is wat ‘n bietjie van ‘n opkikker kry, nie net van Wyk se huis met sy vriende wat die rol speel van huiseienaars.

Dit is TV, nie logistieke nie

Daar word nou gesê dat die produksie-span van Oulap se Rooi agter skedule geraak het met die produksie van die program en daarom moes hulle een huis gebruik vir logistieke redes:

“When a show is produced for television; the final product that goes out on screen is the result of months of pre-planning, scheduling and painstaking coordination. Inevitably; schedule changes have to take place because of various factors including editing, scripting or even the fact that a participant simply had trouble in front of the cameras. In this process; mitigating factors left us with a choice: we could either stage some of the episodes; or end up with no content at all. We decided that the former was the better option.” sê Van Wyk.

Dit sou alles goed en fyn gewees het as daar voor elke episode van Oulap se Rooi bekend gemaak is dat die alles in een huis gedoen is, en dat die mense in die program baie slegte akteurs is. Al rede hoekom die nou ‘n probleem is, is omdat die indruk geskep is dat dit ‘n Reality TV program is, waar Joe Publiek ‘n vertrek in hul huis kon inskryf om ‘n makeover te kry.

When all else fails, guilt trip

Wat erger is is die feit dat hulle ons nou probeer laat sleg voel, omdat hulle “net probeer het om ‘n show vir ons te maak”. Is dit nie beter om glad nie iets te maak nie, as om kak te maak nie? Quality over quantity, daardie move. Francois van Wyk sê hy het self betaal vir die werk wat gedoen is aan die ses vertrekke in sy huis. Dit is geld uit sy eie sak, nie die program se sponsors Builders Warehouse se sakke nie, en ook nie KykNET se sakke nie.

KykNET het ook blykbaar nie geweet hoe Oulap se Rooi gemaak word nie: “Die formaat van die program is uitdruklik dat dit in verskillende mense se huise gedoen word. Ons gaan dit beslis ondersoek.” sê Karin Meiring, hoof van KykNET.

Hoe dom dink hulle is ons?

My groot vraag is hoe dom dink die mense wat hierby betrokke was is hul gehoor? Dink hulle dit is ok om vir hul gehoor te lieg? Lieg hulle so vir mense met wie hulle te doen kry daagliks ook? Waar kom hul arrogansie vandaan?

You may also like...

3 Responses

  1. Marius says:

    Nou ja. Dit gebeur wanneer enige Janrap en sy Maat skielik n tv vervaardiger wil wees. Die mannetjie het vroeer by my gewerk en had nog nie naastenby die savvy vir so iets nie. Gelukkig het hy homself nou uit die bedryf gehaal.

  2. George Marais says:

    Ek is baie bly dat hierdie op die lappe gekom het. Daar word al baie bespiegel met hierdie span en ek wonder hoeveel ander programme wat hulle vervaardig het in die verlede hulle ook so vir ons om die bos gelei het. Ek hoop ten harte dat dit nie hier gelos gaan word nie en dat iemand agter die kap van die byl gaan kom!

    Dit is ook ‘n jammerte dat die aanbieders nou gestenig word – hulle word net gesê wat om te doen deur die vervaardigers. Dit is mos nie hulle besluite waar en hoe dit geskiet moet word nie, of hoe?

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @George: Jip, laat mens verseker wonder of dit die eerste keer is dat so iets gebeur het.

    Hier by gevaaalik.com stenig ons niemand nie. Ons dryf maar die spot en maak so paar grappies om ons lesers te laat lag. Niks meer, en verseker niks minder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *