Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Clutch – X-Ray Visions

‘n Hele paar mense het my al deur die jare gesê ek moet na Clutch luister. Daar is baie goeie musiek daar buite en dus het ek vir lank vir baie mense gesê: “Sure, ek sal bietjie na Clutch gaan luister.” en dan het ek dit nooit gedoen nie.

Clutch X-ray visions

Dit het alles verander toe die ou wat my voorgestel het aan Tool en Kyuss my gesê het ek moet na Clutch luister. Tool en Kyuss het immers twee van my gunsteling bands geword. As daai bra vir my sê om ‘n band uit te check, dan doen ek dit. Hel, hy was selfs gaaf genoeg om vir my ‘n Clutch playlist aanmekaar te slaan. Dit is nodig, want Clutch speel al van 1991 af saam en het meer as 10 albums.

Sover hou ek baie van die album Pure Rock Fury, want dit is wat Clutch is, pure rock fury. Ek love dit as jy kan hoor ouens maak musiek wat hulle geniet, en in Clutch se geval kon dit nie meer waar wees nie.

Hulle het ook onlangs die song “X-ray Visions” uitgebring om ons ‘n voorsmakie te gee van hulle nuwe album, wat nog moet verskyn op die rakke. Ek moet eerlik wees, hierdie nuwe song het my gegryp, hard. Ek het die ding nou al meer as 10 keer laat repeat via YouTube.

Dankie vir die Riaan, weereens was jy nie verkeerd nie. Check die video vir “X-Ray Visions” hier onder, en laat weet wat jy dink van Clutch in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. Kyuss says:

    Awesome man deel die vokken liefde.
    Sulke musiek is nie iets wat ons kan weerhou van die mensdom nie.
    Riaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *