Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n Monster PC is wat gevaaalik.com nodig het

Ek het nou al vir jare dieselfde laptop. ‘n Laptop met ‘n i3 processor wat net goed genoeg was vir word processing. Hier en daar resize ek ‘n image of doen vreeslike kak design werk vir gevaaalik.com. Ek het seker nie nidig om dit te sê nie, maar die laptop is glad nie gebou vir video editing, ernstige Photoshop aksie of games speel nie. Al game wat ek al ooit op die laptop gespeel het was South Park: The Stick of Truth.

Deesdae maak ek al hoe meer video content, en al game ek nog heelpad op my Xbox het iets my gat begin krap om weer bietjie op PC te game soos toe ek nog in my twintigs was. Ek het my oog oorspronklik gehad op ‘n budget gaming PC, maar om eerlik te wees is my budget so tight dat my ballas in my keel sit meeste van die tyd. Dus het ek begin rondkrap en rond vra oor PCs by mense wat baie meer daarvan weet as ek. Nie lank nadat ek pryse begin soek het nie, het ek begin soek op Evetech se website vir hardware. Evetech was darem al bewus van my, want ek was al by ‘n paar van hulle gaming events.

Die gesprek het begin by Evetech wat my net bietjie help in terme van wat ek moet in gedagte hou as ek my PC bou. Ek is eintlik ‘n qualified PC technician by trade, maar het daardie veld agtergelaat jare gelede vir die wêreld van Digital Marketing. Evetech doen PCs en ek doen digital marketing, en so kan ons mekaar uithelp. Lang storie kort, Evetech help my toe met ‘n PC en ek help hulle met so paar digital marketing dinge.

Hoe my PC lyk

Al wat ek gesê het is dat ek sal wil kan skryf met my nuwe PC, videos edit, games speel en ook so hier en daar bietjie stream op Twitch. Ek gee nie om hoe ‘n PC lyk van buite af nie. Dus het Evetech gevat wat ek gesê het, en gehardloop daarmee. Ek sal nou praat oor wat binne in my PC is, maar kom ons praat eers oor hoe die PC lyk. Die monitor is ‘n LG 24GM79G Gaming Monitor. Dit is ‘n 24 inch monitor met 144Hz refresh rate. Perfek vir gaming en video editing.

Ek het glad nie gaming case gekies nie, maar ek het ook nog nooit in my lewe so PC case gehad nie. As ek ‘n Subaru WRX kon bekostig, sou ek gegaan het vir die blou een met die goue mags. Dit mag dalk wees omdat ek gebore is in die noorde van Pretoria, maar as ek ‘n kar soos ‘n Subaru WRX het gaan ek full max zef gaan met die ding. Hierdie PC case is die blou Subaru WRX met die goue mags. Ek meen, kyk net na die ding. Selfs van buite af lyk my PC of hy jou PC gaan opfok. Die PC case is die Evetech Rush case en jy sal hulle moet vra wat is die prys van die case, want ek kry nie die ding gelys op hul site nie.

Wat is binne my PC?

Mean binnegoed is wat binne my PC sit. Die PC is ‘n monster en baie meer as wat ek nodig gehad het uit my shitty ou laptop. Ek gaan nou videos edit soos ‘n koning (pasop Via TV, my show is oppad) en PUBG speel en stream asof dit niks is nie.

Komponenet Prys
AMD RYZEN 7 1700 Processor with Wraith Spire 95W cooler R3,999
MSI GeForce GTX 1070 GAMING X Twin Frozr VI OVERCLOCKED Edition 8GB GDDR5 R9,999
Crucial Ballistix Sport LT 16GB (1 x 16GB) 2666MHz UDIMM DDR4 Gaming Memory R2,799
MSI B350 PC MATE AMD AM4 RYZEN Motherboard R1,699
Samsung 850 EVO 500GB SSD R2,099
Western Digital BLUE WD20EZRZ 2TB HDD R899
Antec VP500PC 500W R599
Totale Prys excl. case en monitor R22,093

Kyk uit vir my nuwe YouTube video wat binnekort gaan land en subscribe aan my channel, want die nuwe PC sal daarin feature ook.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *