Xbox kry mouse en keyboard support
Met die nuutste Xbox update kom keyboard en mouse (kb/m) support. Vir sekere games sal jy nou jou input device of choice kan gebruik. Nie alle games is nou al speelbaar met kb/m nie, maar Xbox het bekend gemaak dat daar ‘n reeks games sal wees wat jy van 14 November 2018 af sal kan speel met kb/m.
Fortnite op Xbox met kyeboard en mouse
Fortnite is natuurlik een van die eerste games wat jy op jou Xbox sal kan speel met kb/m. Wanneer jy Fortnite op jou Xbox speel met keyboard en mouse sal jy in lobbies geplaas word waar jy speel teen ander Fortnite spelers wat keyboard en mouse gebruik. Dit sluit mense wat op PC speel in.
Van die ander games wat jy die maand alsal kan speel met kb/m op Xbox is Warframe, Bomber Crew, Deep Rock Galactic, Strange Brigade, Vermintide 2, War Thunder, en X-Morph Defense.
The November 2018 Xbox Update arrives today with mouse and keyboard support for Xbox One, updates to Xbox Skill for Cortana and Alexa, the Amazon Music app and improved search. Check out the blog for more details https://t.co/7sKoJe8itO pic.twitter.com/wSnoMnqH6W
— Larry Hryb, Gamer Emeritus 📱⌨️🖱️🎮 (@majornelson) November 14, 2018
Razer Xbox keyboard and mouse for Xbox
Watter keyboard en mouse sal jy kan gebruik op jou Xbox? Glo meeste moderne wireless of wired keyboard en mouse. Maar Microsoft en Razer gaan ook ‘n meganiese keyboard en ‘n mouse uitbring spesifiek vir die Xbox. Microsoft en Razer het belowe ons sal meer info kry oor die Razer Xbox keyboard en mouse by CES in Januarie.