Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Battlefield V Single Player Trailer

Ek het Battlefield 1 se single player campaign baie geniet. Almal gaan altyd so aan oor multiplayer deesdae dat ons dikwels vergeet van die single player campaigns. Battlefield 1 se stories in die singleplayer campaign was baie lekker. Die “Battlefield V Single Player Trailer” maak dit duidelik dat ons dieselfde diep stories kan verwag in die nuwe game.

Jy gaan weer tanks ry, vliegtuie vielg en lyk my die keer ski teen ‘n berg af ook. Alles verskillende stories gebasseer op gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Onthou dat kreatiewe diskressie sal geneem word vir vermaaklikheids redes en hierdie is nie veronderstel om ‘n 100% histories akuraat te wees nie. Dit gaan oor fun, en die lyk na fun. Ek hou nog altyd van story driven games. Ons almal wag natuurlik om te sien wat presies ons gaan kry vir multi player en die Battle Royal mode, maar nou is ek lus vir lekker FPS Single Player Campaign. Hierdie nuwe trailer is ‘n goeie voorsmakie van wat vir ons single player gamers voorlê in Battlefield V.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *