Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

MVP: Willim Welsyn – “Al Die Cool Kinders”

Toe ek so rukkie terug gaan sit in Willim Welsyn se garage, vertel hy my van sy dol week. Werk, pa wees, man wees, podcaster wees, musikant, album wees en nou ook draaiboek en regiseur van ‘n musiek video ook. Ek en Willim het hierdie “side-hustle” ding in gemeen en so deur die chat vertel hy my hoe sy mal idee vir ‘n video ‘n MVP van KykNet gewen het.

Idees is altyd great, tot jy hulle moet ‘n realiteit maak en in die geval het Willim daardie dag uitgevind hy het R50 000 gewen om ‘n video te maak vir “Al Die Cool Kinders”. Die eind resultaat van Willim wat, in sy eie woorde, “Quentin Tarantino speel” is die video hier onder.

Willim Welsyn MVP video – Ons soek nog

As jy nou “MVP Willim Welsyn” stuur na 40800 kan jy Willim help om nog R50 000 te wen vir die volgende song van sy Blitzkriek album af. Jy het tot 15 Augustus 2017 om 21:00 om jou sms te stuur, maar jy kan dit somme nou doen en uit die pad uit kry. As jy op jou foon is kan jy sommer copy en paste.

Ek het my sms gestuur want ek sal graag bietjie meer rock op die kassie wil sien as die generiese pop wat ons meestal sien. Willim Welsyn is een van die min antwoorde in Afrikaans wat nog vet distortion, harde guitare en crashing cymbals het, en een sms is ‘n klein prys om te betaal.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *