Scars on Broadway album review

Ek het dit nooit ‘n geheim gemaak dat ek van Scars on Broadway hou nie, al het ek die album 4 jaar na sy release ontdek. As jy gevaaalik.com gereëld besoek, sal jy dit weet. Ek like die album so baie dat ek besluit het om dit heeltemal te review, want as jy dit nog nie gehoor het nie is dit tyd dat jy doen.

Toe System of A Down Mezmerize en Hypnotize uitgebring het was baie System of a Down fans ontsteld oor Daron Malakian meer van die vocal responsibilities aangeneem het as in enige van die vorige System of a Down albums. Dit was verstaanbaar, want dit was iets nuut. Mense hou nie van verandering nie, vra maar net vir Metallica oor St. Anger. Al was Daron se vocals meer prominent het dit glad nie weg gevat van die uitstekende songwriting wat op Mezmerize en Hypnotize verskyn het nie.

Daron Malakian is ‘n ongelooflike songwriter, hy het dit al baie duidelik gemaak in elke System of a Down album, en sy ongelooflike songwriting abilities trek 100% deur na die Scars on Broadway album. Heavy guitar riffs en melodic melodies met Daron se unieke stem laat mens dadelik dink aan System of a Down, maar dit is glad nie ‘n slegte ding nie. Hierdie is nie ‘n System of a Down album nie, maar die feit dat die klank baie na System of a Down neig laat mens van die eerste song af gemaklik voel. As of jy al vir jare na Scars on Broadway luister.

Lirieke op die album range van romanse na drugs. Selfs politiek en religion is van die tema’s wat geraak word op Scars on Broadway. Die eerste song op die album is “Serious” en dit is ‘n fast paced guitar riff attack wat saam met vocals wat net so vinnig gebeur. “Funny” bring die tempo weer terug na ‘n rustiger spoed en “Exploding/Reloading” tel die tempo weer op. Die album is vol op en af oomblike en mens kry die gevoel dat die volgorde waarin die song gerangskik is op die album baie fyn beplan is.

I am, I am genocide mixed with Turkish lies, yeah I like, I like Jesus Christ mixed with suicide, yeah
– Lirieke vanaf “Exploding/Reloading”

Die album is vol dele waar jy kliphard gaan saam sing en dan gaan jy, soos ek, agterkom dat jou stem net nie kan kers vashou by Daron Malakian se stem nie. Die vocals deur die hele album is hypnotiseerend en op sommige dele mooi op die manier wat Nightmare Before Christmas mooi was, creepy maar awesome. John Dolmayan (System of a Down se drummer ook) is soos altyd solid op die dromme en ‘n noodsaaklike deel van Scars on Broadway se rhythm section.

Die lirieke op die album is great. Mens kan sien dat Daron Malakian die klank van woorde in gedagte hou as hy sy lirieke skryf, maar tog maak lirieke steeds sin. Die lirieke verloor geen krag as gevolg van Malakian se keuse om woorde se klank deel te maak van die melodie nie. Die melodie en lirieke sorg dat jy baie gaan saam sing as jy na die album luister. Die songs gaan ook baie in jou kop vas sit, maar omdat dit goeie songs is en vir geen ander rede nie.

“3005” is die rustigste song op die album en daar is geen ander manier om dit te beskryf as pragtig nie. Dit is hoekom ek die track gekies het om deel te maak van die review. Die album sluit af op ‘n baie sterk nooit met “They Say“. “They Say” was ook die eerste single van die album af. Die song is ‘n blatante vingerwys song, en die vinger is ‘n middelvinger wat reguit na die Amerikaanse regering gewys word.

Een Scars on Broadway album is doodeenvoudig net nie genoeg nie en ek sal verseker op die punt van my stoel wag vir nog ‘n album. Die is een van my gunsteling albums wat ek al die jaar gehoor het, al het die album al vier jaar terug uitgekom. Ek het geen idee hoekom dit my so lank gevat het om die album te ontdek nie. Ek is immers fokken bly dat ek dit nie heeltemal gemis het nie.

Ek geen Scars on Broadway se self titled album 5 g’s op die g-skaal.

1 Response

  1. October 22, 2012

    […] Ons bring vir jou ‘n vars album review. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"