Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lockdown Random Gevaaalikhede

Almal se planne het skielik verander. Behalwe as jy een van daai “ek gaan maar net aan met my lewe” dose is. Dit is great dat jy ‘n “fok voel vir oumense” maaronthou jou ouers is ook oumense, en ander mense se ouers, en oumas en oupas. Daar is heelwat WhatsApp boodskappe van questionable sources wat rondgestuur word wat die hele ding erger laat lyk as wat dit is. Aan die ander kant moet ons ook besef dat iets soos hierdie ons spesie weer goed op ons plek sal sit as ons nie versigtig is nie.

Bly dus in jou huis. 21 dae is lank, maar as jy bevoorreg genoeg is om internet, Netflix, Xbox, boeke en kos in jou kaste het dan sal jy oorleef. Ek belowe. Baie vanons gaan hierdie virus kry oor die komende weke, en ons kan dit hanteer as ons almal nie op een slag siek raak nie. Maar as te veel mense op een slag dit kry gaan baie mense doodgaan. As jy kan werk van die huis af en jy het nog ‘n werk, is jy baie luckier as baie ander mense. Kom ons werk saam deur die deur by die huis te bly. Ons gaan piekfyn wees met kos, there is no need to panic.

Help waar jy kan. EK sal ook free advertising hier op gevaaalik.com gee vir enige besigheid wat dit dalk nou gaan kort. Pop my ‘n email en dan werk ons iets uit.

Doen iets nuut as jy verveeld raak. Ek teken deesdae weer en het weer begin mal stories opmaak. Stories wat saam met musiek gaan: Soundtrack to the apocalypse.

Geniet die week se Random Gevaaalikhede.

Koop ‘n hempie. GVLK hemde beskikbaar net by komedieshop.om.

 

 

View this post on Instagram

 

Seems like #socialdistancing is taking its toll on pee-pees around the globe #corona #covid_19

A post shared by Stix Gevaaalik (@gevaaalikdotcom) on

 

 

View this post on Instagram

 

This shirt suddenly got it’s relevance back this week -_- #corona #coronamemes #covid_19 #covıd19 #covid #coronavirus

A post shared by Stix Gevaaalik (@gevaaalikdotcom) on

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *