Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Facebook: jou daaglikse dosis kak wat jy nie wil weet nie

Facebook, die ding wat 99% van julle het, 80% van julle elke dag besoek, 50% van julle haat en 60% van julle net afpis wanneer jy dit gebruik.*

Hoeveel keer het dit al gebeur dat jy op Facebook gaan en na jy vier van jou “vriende” se nuutste status updates gelees het, wens jy was daar ‘n “wurg” knoppie? Ek sou verkies as daar ‘n “PK the person who wrote this status”-knoppie was wat veroorsaak dat die persoon ‘n poesklap ervaar sodra hy weer in-log op sy Facebook. Hier is so paar goed wat deesdae die in ding is om op Facebook te plaas om jou “vriende” teen die mure uit te dryf.

Pienkvoet foto’s en ander nuus oor jou vriende se kinders:

Veral as jy in jou twintigs is, is dit die een tipe status update wat jou menige vloekwoorde gaan laat uiter. Byvoorbeeld: “Ek voel so semi soos ‘n kluisenaar. Hehehe. Die goeie nuus is, ek het vandag darem al Pienkvoet [of insert enige naam wat jou vriende vir die nuutse skytmasjien in hul/haar/sy gesin sou gee i.p.v Pienkvoet] se fotokies op die rekenaar gesit. Gaan hopelik vanaand uitsorteer sodat dit môre die lig kan sien. Double yay!” Double yay, my hol. As ek alles wou weet van jou doekverwoester sou ek vriende met die klein monster gewees het op Facebook en nie met jou nie.

Joint Facebook accounts:

Jy het dit sekerlik al gesien. Daardie couple wat almal deur middel van Facebook naar maak. Hulle doen dit nie net deur hulle eie status updates goed soos die volgende te maak nie: “Ek wens so my bokkie was nou by my sodat ek hom/haar styf kan vashou” of “Baie lief vir jou my engel’tjie. Baie sterkte met jou dagi jong! Mwah!”. Nee, dit is nie erg genoeg nie, hulle het ook nog ‘n joint account met ‘n naam soos Jannie en Sannie Maakjoukots.

In hierdie “joint” account verklaar hulle KONTstant vir almal hoe lief hulle vir mekaar is. Vertel jou wat hulle die naweek saam gaan doen of gedoen het. Jannie vertel jou hoe Sannie se hol ruik na sy ‘n lekker vet drol gedruk het en Sannie vertel vir jou hoe klein Jannie se totter is, maar sy is steeds lief vir hom.

Status update “Ek gaan nou gym pappa”:

Almal het al die een gesien van daardie ou of meisie wat die behoefte het om met almal te deel dat hy/sy gaan gym of nou net in die gym was. “Vanoggend was ek al 5 uur op om te gaan gym,” en “Vanmiddag na werk gaan ek bietjie die gym slaan pappa!” Met ander woorde: “Ek moet jou in my Facebook status update vertel dat ek gaan gym, dit is hoe leeg en hartseer my lewe is.”

Die hartseer ding is dat niemand omgee of jy gym of nie. Deur te gaan sê jy gaan gym of het gegym laat niemand dink jy het ‘n groot voël nie/is mooi maer nie. Dit laat almal dink jy is vet en desperaat vir aandag. Gym eerder jou persoonlikheid deur jou kak gym status updates vir jouself te hou.

Die copy and paste status:

“She gets up to make me coffee and breakfast every morning. She takes care of me when I’m sick. She scratches my back in places I can’t reach. She makes me dinner at night. She teaches my children things that I can’t. She is the best mother in the world. She is my wife. If you have the best wife in the world copy and paste this as your status update.”

Daardie kan natuurlik gaan oor ‘n jou meisie, man, pa, ma, ouma, oupa, hond, kat, kar of gelsagsdele. As jy nie kreatief genoeg is om self jou stustus update uit te dink nie, moet eerder nie ‘n status update plaas nie.

Daar is nog vele meer, waaroor ek later sal uitbrei. Sien hierdie maar as deel een. As jy nie afgepis wil word deur Facebook nie, gaan na ons Facebook fan  page. Of nog beter, kry ons op Twitter. En voor julle nou begin grens dat niemand my forseer om Facebook te gebruik nie of vriende te wees met mense wat sulke status updates maak nie, een woord: satire.

* Al hierdie statistieke is opgemaak. Deur my.

You may also like...

2 Responses

  1. Francois says:

    Facebook raak ‘n pyn tussen my bout-lobbe (aka gluteus maximus spiere)…en moet jou nie verbeel jy het nie een aan die onderkant van jou nie….ja ek praat van jou poepol….hou op vir my kyk….wie is jy….jy is niks!

  2. Skillie says:

    Dis nou mooi Stix, fokken mooi,dankie het lekker gelag vir jou raak beskrywing van FB en baie van my vriende.
    Gooi nog so paar satires, dis skerp.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *