Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kry jou gat by Arcade Empire vanaand vir P.H. FAT

More is ‘n vakansiedag so jy kan more ‘n babbelas lekker af huil by die huis. Wat jy dus vanaand moet doen is kom party by Arcade Empire vir P.H. FATt en Liver. As jy nog nie P.H. FAT ken nie dan mis jy uit op een van Suid-Afrika se beste rap acts. Plus as jy ‘n zeffer is met “fokken mean sound boet” en jy soek iets met baie bass vir jou Bazooka Tube dan is P.H FAT perfek vir jou.

PHFAT Kill the Universe

Kom lekker vroeg dan gryp jy iets om te eet. Ek was Dinsdag aand by Arcade Empire om hul;le nuwe menu te try en die kos is regtig lekker. R40 kry jou in by die deur voor 21:00, R50 na 21:00. Daar is hordes ander goed wat gebeur en dit gaan ‘n moerse party wees. Vir al die info oor die event kan jy na die Facebook event page gaan kyk. Hier is P.H. Fat saam met Jack Parow in die video “Spring Moederfokker”. Yolandi Malherbe is die sexy nurse in die video.

Sien julle vanaand.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *