Killswitch Engage – My Curse
Killswitch Engage gaan nie dieselfde wees sonder Howard Jones (vox) nie. Hy sal gemis word maar ek kan nie wag om die musiek van sy nuwe projek te hoor nie. Die vraag is nou of Killswitch Engage sal kan werk sonder Howard Jones se unike vocals. Die nuus was ‘n bitter pil om te sluk vir meeste metal fans. It was good while it lasted.
Hier is Killswitch Engage se video vir “The Curse”. Gaan Killswitch Engage dit maak sonder Howard Jones?
Dankie tog vir goeie musiek! Ek het hierdie nodig gehad na Drolledaris….
@Henno: Jy kan dit weer sê!
Nope! Hy MAAK die band! Eks mal oor Killswitch (alhoewel ek gespot word omdat ek core luister) -fok hulle ook, steeds, die dude ken sy storie! KSE gaan vou sonder hom.
Wat dink julle van die nuwe KSE album, Disarm the Descent? Nou besig om dit deur te luister, klink nie te bad.
Ek is nie bekommerd nie. Die band was goed nog voor Howard hulle gejoin het. Hy het unieke vocals gebring, maar hy was maar die tweede vocalist vir die band. Hulle sal maar net vir die regte persoon moet soek wat sy skoene kan volstaan. Dis gelukkig nie ‘n Type O Negative situasie waar sonder die vocalist, die band dood is nie. Have hope poephols!
@DeWet. KSE se eerste vocalist, Jesse Leach, is weer terug by die band. Check hul nuwe album uit, is nogal befok. \m/