Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Waarom jou baardolie nie beteken wat jy dink dit beteken nie

Die baard, ‘n teken van manlikheid vir baie mans en ‘n teken van moelikheid as jy ‘n baard op ‘n vrou sien. Ongelukkig het die baard oor die laaste paar jaar gegaan van ‘n teken van manlikheid, na ‘n teken van ‘n skaap mentaliteit. Die ergste van alles is dat die skapies se baardjies stink na laventel, lavender, vanilla en apple omdat hulle so behandel word met braadolie.

beards-are-lame-meme

Dink jy Harry Wolhuter het baardolie gebruik?

Daar was ‘n tyd toe ‘n man ‘n baard gehad het oor hy nie ‘n fok omgegee het wat ander van hom dink nie. Skeer was ‘n onnodige mors van tyd in die dae toe jy moes op die uitkyk wees vir leeus wat jou van jou perd af gaan probeer tackle. As jy my nie glo nie, vra maar vir Harry Wolhuter en sy bras hoeveel van hulle het lekker-ruik-olies aan hul gesiggies gesmeer in die oggend. Jou baard het gewys dat jy meer belangrike dinge het om oor bekommered te wees as hoe jou gevreet lyk of ruik.

feminsit-hair

Deesdae het die baard vir manlikheid geword wat pers hare is vir feminisme: ‘n Teken van ‘n nool wat enige ding sal doen of sê om deel te wees van die “in groepie”. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen ‘n ou wat ‘n baard groei nie. Ek het vriende wat hul baarde het al vir jare voor jy ‘n metrosexual model gesien het met ‘n baard op die cover van die Vrouekeur. Vriende wat ver op in Afrika bly en ‘n baard groei omdat skeer net te veel effort is. Daardie is ‘n baard wat respek verdien, en ‘n baard wat regtig respek verdien hoef nooit ‘n post op Facebook te maak oor hoe cool ‘n baard is nie. ‘n Regte baard gee nie om oor Facebook likes nie.

‘n Perfectly manicured baard is nie ‘n teken van manlikheid nie

‘n Ruk terug sien ek ‘n video hoe ‘n “man” met ‘n baard verduidelik hoe hy sy vingers gebruik om te eet sonder om kos in sy baard te kry. Wanneer jy jou twee wysvingers in jou bek moet druk voor jou kos net om so bietjie kos uit jou baard te hou lyk jy nie net soos ‘n doos nie, jy lyk ook soos ‘n mal boemelaar wat onlangs deur ‘n stort gesleep is deur Hannon homself vir ‘n makeover. In plaas van rugged en manly, lyk die ou vir my meer soos ‘n special little snowflake wat sal smelt as die tempratuur in die kombuis verby 1 grade Celcuis gaan.

hanno-baardolie

Deesdae sien jy die hipsters met die laventel-baardjies en die perfectly styled hare ooral, nie net in Kaapstad nie. Hulle almal lyk soos gemorsmense wat Extreme Makeovers gekry het en in hul effort om “anders” te wees lyk hulle almal dieselfde.

Hoe weet jy jou baard is legit?

Jou baard is legit as jy ‘n baard het oor jy eenvoudig te lui is om te skeer. Jou baard is legit as jy nie vis vir komplimente oor jou baard nie. Jou baard is legit as jy Jim Root of Rick Rubin is wat al  baarde gehad het voor meeste hipsters pubes gekry het.

As jy al ooit ‘n post gesit het op Facebook, Twitter, Instagram of enige ander social network oor hoe cool ‘n baard is, is jou baard nie legit nie. Jou baard is iets wat jy het oor jy aandag soek van mense wat eintlik nie ‘n fok voel oor jou nie. As jy al ooit ‘n slefie geneem het en enige braad-related hashtag daarby gesit het, is jou baard nie legit nie. Nee, jou baard-memes is nie snaaks of oulik nie, dit is like-whoring in dieselfde manier as wat foto’s van jou baba op Facebook sit like-whoring is. Jy en daai girl wat saam jou op hoërskool was wat heeltyd foto’s van haar kind op Facebook sit het meer in gemeen as net die hoërskool waarin julle was, julle het ook eierstokke in gemeen.

‘n Baard is nie vir almal nie, hou op maak of dit is

Skinny-jeans is vir skinny mense. Ek is ‘n maergat-runt of the litter en dus kan ek skinny-jeans dra. Wanneer ek skinny-jeans dra lyk dit nie soos skinny-jeans nie, dit lyk soos ‘n gewone denim. Een van die min voordele van weeg wat ek weeg. My bene lyk nie soos te oorvol gestopte worse in ‘n skinny-jean nie. Saam met my runt of the litter gene het ek ook ‘n redneck baard gekry. Met ander woorde my baard groei in patches en is ginger. Elke twee weke of wat sal jy my sien lyk asof ek in ‘n nuwe Joe Dirt fliek gaan wees. Dit is ook wanneer ek sal ophou om so lui te wees en sal skeer, want ‘n baard is nie vir my nie.

Moet nie kwaad wees nie, baard-skapie

Die rede hoekom baard-skapies so defensive kan wees oor hul baardjies is oor dit lank vat om ‘n baard te groei. Net soos die ou wat honderde rande moes uithaal vir sy skinny -jean waarin hy nie so lekker pas nie: Omdat daar ‘n investment was, is dit moeilik om te erken jy is verkeerd. Maar net soos die vettie wie se skinny-jean se nate gaan bars sy foute moet erken, moet die tool wat ‘n baard groei vir aandag ook sy foute erken. Moer weg jou skinny-jean en skeer af jou baard want hoe langer jy klou aan jou delusion dat die goed jou cool maak, hoe minder cool is jy vir almal om jou.

You may also like...

13 Responses

  1. Jacques says:

    Ek voel in die gesig/baard gevat… ?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Jacques: Hahahahaha

  3. Stef says:

    Stem saam. Of dalk is ek net jaloers omdat ek nie n baard kan groei nie hahahaha. Ek het wel opgelet dat ouens wat so spog op social media met hulle baard ook nie rerig tot veel anders in staat is as baard groei nie…

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Stef: Soos ek gesê het: My baard is verseker niks om oor huistoe te skryf nie.

  5. Hendrik says:

    Wat sê julle oor ‘n baard pie?

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Hendrik: Glad nie ‘n probleem daarmee nie.

  7. Lord I-zac says:

    Glad nie lekker as n man wakker word met hare tussen sy tanne!!!

  8. devtheron says:

    Luister ou, baie vrouens sonder baarde dink weer mans wat wel naar de besit is cheap! —so daai olie maak op vir die ou lemmetjies wat ons sou gebruik het, om meer vroulike te vertoon, ons spaar niks! Dis net ‘n miete. – en ruik great!! @ Free youselfboyz
    👏👏👏👏

  9. Ruan Stix Fourie says:

    @devtheron: Alles net grappies hier ou. Ek sien jy maak ook grappies “baard-olie ruik great” hahahahahaha.

  10. Koos. says:

    Die poephol erken self hy kan nie ‘n baard groei nie, al staan hy op sy plat rooi kop, nou wil hy kommentaar lewer daaroor.

  11. Stix Gevaaalik says:

    @Koos: Jis Koos ek stel voor jy leer om vir jouself te lag. Want tans laat jy dit baie klink of jou baard so lank is omdat jou piel so kort is. Vat dit vir wat dit is: ‘n grap. Of gaan teem elders.

  1. November 28, 2016

    […] FYI: Jou baard beteken nie wat jy dink dit beteken nie. […]

  2. November 28, 2016

    […] Dankie veral aan Dawie, wat duidelik ‘n grap kan vat al is die grap oor ouens se baard. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *