Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die great content rehash van 2022

Check wie is weer terug vir die eerste keer in maande. Daardie washed-up, ou-nuus, blogger dude. Die ou wat opgehou het met blog en begin prentjies te teken. What a doos.

Ek skommel so paar idees deur my kop vir meer kostante vars content. Tot en met dan, gaan ek maar begin om die jare se content wat ek oor geslaaf het, weer uit te stoot. Nie veel van die OG gevaaalik.com peeps hang meer hier uit nie, maar ek wil graag weer bietjie beweging op die site kry vir my eie onthalwe. Dus, die groot content rehash van 2022.

Random Gevaaalikhede

Die Random Gevaaalikhede kom uit my liefde vir internet memes. Dit is vir my ‘n baie pure tipe van komedie, en een wat saam met die internet groot geword het, en ontwikkel het. Dit pas dus mooi in by gevaaalik.com se internet jokes. Luuks!

Stoute Boudjies

Die was nogal ‘n baanbreker vir gevaaalik.com. Dit het ons gevaaalik.com nogal populaer gemaak by een tipe gehoor, en minder populer by amper almal anders. Ook ‘n rede hoekom gevaaalik.com se content nie sommer geshare word op social media nie. Meeste mans wil nie hê sy vrou moet weet dat hy na so iets kyk nie, ook nie sy sussie, ma, ouma ens.

Ek was gelukkig en het ‘n vrou wat verstaan het dat “sex sells”, wat clickbait is, en hoekom ek doen wat ek doen. Ongelukkig het ek ook baie vinnig gatvol geraak vir die Stoute Boudjies moet post. Not as much fun as you would think.

Vrydag Bederf

Die Vrydag Bederf is iets wat gekom het van die dae toe ons nog interviews gedoen het met gevaaalike dames: Modelle, meestal die model wat jy in ‘n bikini gaan sien op Instagram deesdae. Die interviews doen met girls was baie moeite, en dit het dikwels terug gekom om ons in die gat te byt. Ek kan nie aan jou verduidelik hoeveel girls het my al ge-email om te vra dat ons die interview en foto’s remove want sy is nou ‘n prokereur of ‘n ma en as jy haar naam Google dan skiet daar foto’s van haar op met net ‘n bikini aan.

Die interviews met die girls evolve toe in die Vrydag Bederf in. Nie meer ‘n interview nie, maar ‘n versameling foto’s van mooi dames. Weereens, dit het blitsvinnig oud geword om die Vrydag Bederf se foto’s te moet kies en in ‘n post te moet sit. Ek het vir die laaste paar jaar amper op auto pilot gehardloop met meeste van daai goed.

Op ‘n stadium het die gevaaalik gehoor soveel memes en foto’s vir my gestuur dat ek niks meer self hoef te gaan soek het nie. Ek kon net wat julle ingestuur het bymekaar sit en post as een van die bogenoemde.

Al die res

Daar is van die goed wat ek wil terug bring, en ander wat ek eerder net in die internet-argiewe sal los. Die kultuur in SA en die res van die wêreld het drasties verander. Ek is nogsteeds 100% oortuig dat ‘n grap net ‘n grap is, maar dan gebeur goed soos wat met Chris Rock en Dave Chappelle gebeur het, en dan kom al die vrese van “ge-John-Lennon word weer terug”. Mense word links en regs “gecancel”.

Ek sien nie meer kans vir daai kak nie. Ek wil nie stry met trolls nie, ek wil nie hoor van die wat nie verstaan dat dit ‘n grap is nie, ek gee nie eers eintlik om oor meeste van die goed in realiteit nie. Dit is wel op die site, en ek het ‘n hele paar jaar se shit wat ek hier kan deel. Ek het soos ‘n dom naai weer gaan betaal vir my doosduur hosting, so hier sit ek alweer. Nog ‘n ride om die son.

Hoekom skielik nou?

Ek is ‘n SEO by trade. ‘n Website soos gevaaalik.com het ‘n weird waarde op die internet. Maar, soos met amper alles op die internt is dit “meer wêrd” hoe meer traffic die site kry. Ek gaan jou nou nie verveel met digital marketing mumbo-jumbo of link building 101 nie, maar oor ek doen wat ek doen vir ‘n inkomste gaan ek so bietjie meer traffic na die site begin dryf.

As ek so paar t-shirts verkoop along the way, dan help ek my vriend Kobus ook uit. Nie dat die dude ‘n charity case is nie, hy doen eintlik heel goed vir homself. Ek is net deesdae baie ten gunste van paying it forward.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *