Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jack Parow – Afrikaans is Dood

Na ons laas week beskuldig is dat ons besig is om Afrikaans (die taal) afbreek en sleg laat lyk, het ek gedink dat Jack Parow se nuwe video vir “Afrikaans is Dood” ‘n goeie manier sal wees om die week te begin. Die feit van die saak is dat Afrikaans nie dood is nie, konserwatiewe-besemstok-in-jou-hol-Afrikaans is duidelik oppad uit.

Afrikaans is Dood - Jack Parow

Die feit van die saak is dat daar al hoe minder mense is wat wil lees oor Joost en Amor se nuutste geveg in die Beeld. Die wêreld is fucked-up en vol negatiewe kak, maar dit is jou keuse om daaroor te lees en grens. Of jy kan eerder lag oor die gemors en grappe maak daaroor. Dit sal sorg dat jou lewe baie meer genot in het as die wat die average Beeld leser se lewe het.

Jack Parow is een van die gene wat al beskuldig is daarvan dat hy Afrkaans sleg laat lyk met sy lirieke. Dus spot Jack lekker met die feit in sy song “Afrikaans is Dood”. Danksy die MK MVP’s het Jack nou ook ‘n snaakse video om saam met sy song te gaan.

Wat dink jy? Is Afrikaans dood? Laat weet my in die comments.

You may also like...

2 Responses

  1. RoKa says:

    “Ou” Afrikaans is dood… maar soos enige taal, groei hy nog sterk… al hierdie nuwe saamgewelde woorde en slang is proof dat die taal evolve… en dit beteken nie dat dit dood is nie.

  2. MonkeyMarcel says:

    Lekka Mr Parrow! Gee my nog!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *