Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Halo Infinite Leaks

Almal het groot verwagtinge van die volgende Halo. Halo Infinite gaan ‘n X Box Series X launch titel wees en sal verseker moet kan wys wat die volgende generasie van die Xbox kan doen. Halo 5 was uitstekend, veral van ‘n multiplayer perspektief. Ek dink Halo 5 was vir ‘n lang tyd die game wat die meeste ure gekry het op my Xbox One. Daar is ‘n reusagtige esports league rondom Halo en dan is daar natuurlik die reusagtige clifhanger van die Halo storielyn wat verder vertel moet word. Daar is baie druk op Halo Infinite en almal het soortvan verwag dit gaan delay word oor Covid-19.

Daar is gaps in my Halo-opvoeding en ek is deel van ‘n klein minderheid van die Halo-community wat dink Halo 5 se multiplayer was die beste van al die Halo games. So ek is 100% eerlik dat ek nie veel omgee oor die single player campaign nie. Vir my gaan dit oor die multiplayer. Tog kyk ek maar uit vir enige nuus rakende Halo Infinite.

Halo Infinite Leaks

‘n Ou op 4chan het nou informasie uitgelaat oor Halo Infinite. Ek weet: Nie regtig ‘n moerse betroubare source nie. Die ou op 4chan reken dat die single player campaign vir Halo Infinite 25 missions gaan hê en min of meer 20 ure gaan neem om klaar te speel. Bo-op dit sê die leaker dat daar nog 35 ander missions ook gaan wees, wat sowat 15 ure se speel tyd gaan byvoeg. Jy speel glo meeste van die hoof missions met Master Chief, maar ander bekende karakters maak ook ‘n draai.

Weereens, ons vat dit maar van waar dit kom: 4chan.

After the events of Halo 5: Guardians trigger a conflict that will kill all organic life, Master Chief manages to recover Cortana from rampancy and launches a plan to send her back in time to stop the galactic civil war from happening. The leaker concluded by claiming that Reach would be Infinite’s final location, and that the plot’s time travel elements would reboot the Halo series.

Hoe ernstig jy daardie informasie vat is jou keuse. Ek vat dit met grawe vol sout want 4chan is oortrek met next level trolls. 343 Industries het nog niks van die Halo Infinite leaks bevestig of ontken nie. Nie te min is dit lekker om mens se verbeelding bietjie te laat dwaal op wat gaan gebeur in Halo Infinite storie gewys.

Ek kan nogsteeds nie help as om aan te hou wonder oor die multiplayer nie. Gaan hulle die vinnige beweging en gameplay hou vir die nuwe Halo? Wat dink jy? Laat weet my in die comments.

Vir gaming nuus, kak praat oor gaming, en ‘n overall lekker gaming community in SA op Facebook gaan loer bietjie na Gaming SA.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *