Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

PUBG afwagting bou met nuwe map screenshots

PlayerUnknown’s Battlegrounds is al beskikbaar op PC sedert Maart 2017, maar steeds is daar groot afwagting vir die van ons wat wag vir die game om op Xbox One te land en ook vir die nuwe map.

Brendan Greene, die skepper en kreatiewe direkteur van PUBG het 11 dae terug ons bekke so bietjie meer laat water met ‘n paar screenshots van die nuwe desert map in PUBG. Die nuwe screenshots wys ‘n meer ontwikkelde map as wat ons gesien het in die vorige stel screenshots wat vrygestel is.

https://twitter.com/PLAYERUNKNOWN/status/928698641484800000

Wat sien ons op die nuwe PUBG map?

Wat ons sien in die nuwe screenshots is hoë geboue, party met tot agt verdiepings, ‘n gevangenis en regte groot stedelike gebiede om mekaar se koppe in te probeer af blaas. Daar is natuurlik ook meer oop natuurlike woestyn areas.

Ons weet steeds nie presies wanneer almal die kans gaan kry om die nuwe map te speel nie, maar ons weet wel dat dit saam met die V1.0 vrystelling van PUBG sal wees in Desember. Hopelik is dit 12 Desember 2017, dieselfde dag as wat PlayerUnkown’s Battlegrounds op Xbox One vrygestel word.

Nou is my grootste vraag: Gaan ons Xbox ouens ook die desert map kry wanneer PUBG uiteindelik op Xbox beskikbaar is? Wat dink jy? Laat weet my in die comments wat jou opinie is.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *