Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #84 – Vark-spitbraai Dubai

Ek weet nie veel van die United Arab Emirates nie. Ek weet dit is ‘n woestyn op die kus. Na hierdie podcast het ek gaan kyk waar op die aardbol is Dubai. Ek voel nie sleg oor ek nie weet van Dubai nie. Dit is halfpad om die aardbol en ek was nog nooit daar gewees nie. Daarom praat ek in die retun van die gevaaalik.comedy Podcast oor die United Arab Emirates met Jacques en Rae, twee van my vriende wat al so paar keer daar was.

Ek het ‘n vriend wat in die UAE bly, en ek volg hom op Instagram. Die UAE lyk vir my ongelooflik cool. Die spandabelrige leefstyl van baie wat daar bly is wêreld bekend, tog dink ons ook hulle het baie reëls en wette wat ouderdags is in die moderne wêreld. En baie van die UAE is baie modern. Kyk net na die staatshospitaal foto’s hier onder. Hulle bring mense in van ander lande om dinge te bestuur, maar jy beter verstaan dat die royals hulle eie VIP wing in die staatshospitaal gaan hê.

Ons praat oor die reëls, die wette, hoe dit lyk, wat cool is om daar te sien, drank pryse, die royals, die staatshospitale en baie ander goed. Ek hoef jou seker nie te sê nie, maar ek gaan in elk geval: Ek wil nou nog meer as ooit van te vore na Dubai toe gaan. Jacques vertel my ook van die Vark-spitbraai wat hulle gebou het my sy skoonpa se huis vir Kersdag. Check die foto’s hier onder.

Jy kan die song wat aan die begin van die week se podcast is, hier weer hoor. Rap, maar in Arabiers of Arabies.

Lekker luister en onthou om te subscribe op iTunes of die BeyondPod app te kry op jou Android device sodat jy ook kan subscribe tot die gevaaalik.comedy Podcast.

Die foto’s van die vark-spitbraai

Ek dink die deel waar Jacques vertel van hulle spitbraai in Dubai mag dalk die slagoffer gewees het van ‘n tech fail tydens recording. Die storie loop so: Die Suid-Afrikaners was lus vir ‘n vark-spitbraai vir Kersdag, toe bou hulle sommer ‘n spit net daar in hul agtertuin in die UAE. Natuurlik word daar neergekyk op vark eet in die UAE.

Die VIP-wing vir die royals in ‘n staatshospitaal in die UAE

Die UAE het staatshospitale wat lyk of dit privaat hospitale is, en hier is so paar foto’s van een van die hospitale se wings wat as VIP section gebou is vir die royals van die UAE.

 

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

2 Responses

  1. Steph N says:

    Wel, fok, ek het altyd gedink Dubai was in Indië tot nou net toe ek jou post gelees het, en toe google ek ook waar op die aarde is dit. Nou voel ek soos ‘n nool, maar ten minste het jy my iets geleer, so dankie, haha. Interessante episode. Bly die podcast is terug.

  1. January 12, 2017

    […] Die United Arab Emirates word verduidelik in Afrikaans net op die gevaaalik.comedy Podcast. #84 – Vark-spitbraai Dubai is nou live! […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *