Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

20Jan/120

Dave Grohl en Corey Taylor record ‘n song saam

Corey Taylor het deur middel van sy Twitter laat weet day hy saam met Dave Grohl en Butch Vig 'n song record het. Dave Grohl is die front man van Foo Fighters (As jy onder 'n klip bly en nie geweet het nie), Corey Taylor is die front man van Slipknot en Stone Sour. Butch Vig is die drummer van Garbage en die legendary producer van Nirvana se Nevermind album en ook die producer van my gunsteling album van laas jaar, Foo Fighters se Wasting Light.

Dit is net een song. Dus kan ons seker wees dat die Foo Fighters steeds 'n nuwe album sal uit kry in 2012. Corey het al voorheen vertel hoeveel respek hy het vir Dave Grohl:

"I probably identify the most with people like Dave Grohl, who is such a cool dude, so down to earth and probably one of the funniest cats on the planet. He's just so approachable and yet has done so much. I really, really dig that."

Dave Grohl hou daarvan om saam met ander artists te werk. Hy het al saam met die Queens of the Stone Age 'n album record en saam hulle getoer vir 'n rukkie. Hy het al drum parts gespeel vir The Prodigy. Hy het al 'n band saam met Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss) en John Paul Jones (Led Zeppelin) begin, die band was Them Crooked Vultures. Hy speel soms saam met Tenacious D op hulle albums. Plus nog vele meer.

Dit sal dus intresant wees om te hoor wat Dave saam met Corey Taylor kan doen. Enige fan van Stone Sour sal weet dat Corey Taylor nie net kan skree vir Slipknot nie.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Bullet For my Valentine by Oppikoppi
Slipknot - Before I Forget Live
Jack Parow se kersgeskenk vir jou

Posted by Ruan Stix Fourie

One comment on “Dave Grohl en Corey Taylor record ‘n song saam

  1. Pingback: Corey Taylor Acoustic | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers