Foo Fighters se nuwe album kom in 2014
In 2011 het Foo Fighters die ongelooflike goeie album Wasting Light bekend gestel. Ja dit was so lank terug. Die album was uitstekend en was ‘n groot sukses die wêreld deur. Dit sit natuurlik die Foo Fighters onder druk om hulle volgende album so goed te maak soos wat Wasting Light was. Taylor Hawkins (drums) stel dit so:
You should always be a little scared. Every time you start a record, you have to be ready to fucking kill yourself or it’s not gonna be any good
Start a new album? Ja, die Foo’s het al klaar begin werk aan ‘n nuwe album en volgens Dave Grohl sal die nuwe album volgende jaar in ons vuil kloue wees.
Well, I’ll tell you, we have been in our studio writing, and in the past few weeks we’ve written an album, and we are going to make this album in a way that no-one’s ever done before and we’re pretty excited about it. It’s a little way off – it’s not ready to happen right now, but I think next year is going to be a really big year for the Foo Fighters, without question. It’s going to be great, I can’t wait.
Daar het julle dit, Foo Fighters het blykbaar klaar die nuwe album geskryf en sal tien teen een vroeg volgende jaar begin om die nuwe album te record. Sal dit opleef tot die awesome wat Wasting Light was? Laat weet my wat jy dink in die comments. Hier is “Rope” vanaf die Wasting Light album, as jy hom nog nie het nie koop hom hier.