Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bittereinder. PTA kan ook rap.

Al wat ek geweet het van Bittereinder voor ek hulle musiek gaan opspoor het was dat Peach van Pletzen in die groep is. Peach het op Van Coke Kartel se laaste album, Skop, Skiet en Donder, die dromme gespeel en sy unike electro klank ook bygedra aan die rock vibes van die Kartel. Bittereinder bestaan dus uit Peach van Pletzen, Louis Minnaar en Jaco van der Merwe.

Toe ek hoor dit is ‘n semi-rap band moet ek sê was ek skepties, maar ek kan nou met alle eerlikheid sê dat ek nie meer skepties is nie en dit fokken baie like. Dis vars, dis uniek en dit is nie onnosel rap soos wat 50cent en die meerderheid ander rappers maak nie.

Hulle lirieke is skerp. Hulle raak aan onderwerpe wat jy sal verstaan as jy in die 80’s gebore is. Jy kan hoor die ouens is van Snordorp (Pretoria) en dis snaaks dat ek dit kan voel in hulle musiek. Hoe meer ek luister na die Bittereinder hoe meer verstaan ek waar die ouens en ook ek vandaan kom. Terwyl ek sit en na die “012” deel luister in die song ” a Tale of three cities” kom die woord “fokket” herhaaldelik in my kop op en soms sommer hardop uit my mond ook. Fokket inderdaad, in ‘n fokken goeie manier. Dit klink asof ek en die manne van Bittereinder by dieselfde plekke gekuier het jare gelede en siende dat hulle ook van Pretoria af kom is dit tien teen een die geval.

So gaan kry vir jou die album ” ‘n Ware Verhaal” as jy ook wil sit en “fokket” sê. Of gaan kry die album oor jy like om die paar goeie local acts wat ons het te ondersteun. Of gaan kry die album oor jy wil hê mense moet die dansbaan smelt terwyl hulle sê “fokket” by jou volgende house party. Ek het die album gekry want ek gaan hom al die pad na my vakansie destination luister wanner ek binne kort op verlof gaan.

Nog nie oortuig nie. Hou op ‘n poes wees en gaan check die twee musiek videos uit. Altwee die videos het die daglig gesien met die hulp van Louis Minnaar en as jy dit nou nog nie kon kop nie, hy het saam Van Coke Kartel ook aan van hul videos gewerk.

You may also like...

1 Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *