Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

15Nov/110

Seal en Kanye

Posted by Ant

14Nov/111

BMWoes bra!

Posted by Ant

14Oct/110

Kinders welkom, maar hou eerder ‘n ogie oor hulle

Posted by Ant

9Feb/111

Tolhekke/Toshekke

Posted by Ant

‘n Nuwe jaar met nuwe hindernisse…
Kyk, as daar een ding is wat hierdie wonderlike regering van ons met oorgawe suksesvol kan doen, is dit om die belastingbetalers herhaaldelik oor te buig en spreekwoordelik te verkrag.

Ja, baie van ons het die groei van die tolhekke oor die laaste jaar waargeneem& die tyd het eindelik aangebreek waarvoor ons knersend gewag het. Die Suid Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) het hul finale fooie bekendgemaak vir die “Gauteng Freeway Improvement Project” (GFIP), en natuurlik is die meerderheid van die ouens wat hieronder gaan lei nie uitermatig beindruk met die hele storie nie.

SANRAL se main man Nazir Alli probeer net vure doodslaan sover hy gaan, aangesien hy ons probeer bullshit met “die voordele” wat hieruit gaan spruit. Alli beweer dat dit reisiger 20% sal spaar op reistyd, en ‘n verdere waaghalsige voorspelling van 10% op reisafstand. D.w.s. dat hy beweer jy sal ‘n tiende korter hoef te ry na jou eindbestemming. A.g.v. ‘n paar tolhekke? Hoe die moer het hierdie “messiah” redeneer?

Right, volgens ‘n studie wat deur die Suid Afrikaanse Besigheidskamer gedoen is, word beweer dat ons land R15miljoen per uur verloor a.g.v. verkeersknope. Maar waarom word dit slegs in Gauteng geimplimenteer?? Laat hulle dan in & om die ander groter stede dieselfde doen. Alli beweer verder dit is grootliks ‘n motivering vir reisigers om eerder gebruik te maak van publieke vervoer. Dis reg, die reënboognasie se betroubare& veilige publieke vervoerstelsel. Waar kry ons hierdie hansworse aan die hoof van staatsliggame??

Vir die wat nie weet hoe dit bereken gaan word nie, is so vinnige breakdown:
Basies betaal jy 66c per kilometer in ‘n kar, en sekere afslae geld indien jy fokken vroeg, of fokken laat op die pad is. BUT WAIT, there’s more!! Jy kan ‘n “e-Tag” gaan koop by ‘n Pick ‘n Pay vir ‘n verder R50, wat beteken dat jy ‘n 25% afslag sal geniet. Maar hier’s my gunstelling deel van die hele storie.. publieke vervoermiddels kry ‘n 50% afslag. Dis reg, die taxi’s! Die goed wat die oorsaak is van padwoede, en padreels oor die algemeen ignoreer.

Nie net is hierdie ‘n onverantwoordelike probeerslag om nóg fondse uit die mense te tap nie, maar boonop kan dit ‘n krippelende effek op die ekonomie he. Veronderstel dat ‘n swaar voertuig goedere slegs vanaf Pretoria na Johannesburg stad via die N1 wil vervoer. Dit sal die voertuig R394.38 uitwerk per reis.
Dus, sal die verspreiders se pryse styg, wat sal lei tot ‘n styging in produkte oor die algemeen,ensovoorts. Jy kry die idee, dié fokken stunt gaan inflasie opjaag& ons in die ballas knieg, basically.

Die rocket scientists wat die fooie uitgewerk het, het ook nie logies gedink oor die fooi vir volgelaaide swaar voertuie, wat ‘n marginale hoër fooi moet betaal nie. Swaar voertuie word gefooi op grond van hul lengte/volume. Maar ‘n 40ton (6-as) voertuig wat vol gelaai is, is ongeveer 75 keer meer skadelik vir die pad waarop dit ry in vergelyking met dieslefde voertuig wat leeg is.

Natuurlik is SANRAL se main man Nazir Alli en sy handlangers baie opgewonde oor die projek, want oor ‘n jaar lees ons oor al die vrygewige bonusse wat uitbetaal word aan die onderskeie partye, wat natuurlik elke sent verdien. Ons kan net hoop dat die tendens gou versadig sal raak sodat ‘n sukkelende ekonomie wat nog herstel sy voete sal vind.

Dis natuurlik voor die volgende aap met sy “nuwe belasting”, of uitbuitende “idee” jou onkant tref. Maar ek’s tog optimisties met hoop dat die geldgierige parasiete hulself sal uitroei, hopelik gouer as later.

Lekker+

19Jan/110

Vettie Moet Gym Toe

Posted by Ant

Aan al die vetties wat nie in hierdie panarrie wil beland nie, val weg met 'n goeie gym routine, v'staan!?

Lekker+

4Jan/110

Gevaaalik.com se Top10 Nuwejaarsvoornemes

Posted by Ant

'n Nuwe jaar met nuwe moontlikhede& ook die jaar wat gevaaalik.com gaan streef om jou kennis te verryk met die gevaaalikste nuus& info daar buite! Terwyl jy steeds probeer aanpas by die werkslas wat weerens op jou berus, gaan gerus deur hierdie lysie voornemes& kyk hoe jy as gevaaalike wese jou jaar kan benader.

In 2011 kan jy voorneem om:

1. in plaas daarvan om drank, sigarette of ongesonde eetgewoontes prys te gee, probeer om eerder 'n nuwe bad habit aan te neem. Jou sukses hiermee is baie groter.

2. nugter by elke hofdatum op te daag.

3. ten minste een keer in die kerk te skree na kollekte: "WIE'T MY GELUKKIGE R5 GEVAT?!?!", en dan hardop snik.

4. nie Facebook status updates en Twitter te verwar nie.

5. jou werk te bedank deur op jou medewerkers te skree in lae gromgeluide, 'n paar biere te gryp& by die nooduitgang uit te bars.

6. om nie in 'n mynskag vas te sit nie.(wat die tendens was in 2010)

7. Kate Middleton te vry op haar kombuistee.

8. jou (ex)skoolhoof se kar in die Junk Mail te adverteer.

9. jou sexy foto's van jou meisie vir gevaaalik.com te stuur.

10. om almal wat jy ken te verwittig van die gevaaalikste flippin' site op die web: www.gevaaalik.com !!

'ossss

Page 1 of 1312345...10...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers