Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Avenged Sevenfold – Bat Country

Avenged Sevenfold is ‘n band uit Huntington Beach, California. Hulle eerste major record lable album was City of Evil. Dit is ‘n hard rock/metal album. Die eerste song van hulle wat ek gehoor het was “Bat Country” op Kerrang TV toe ek in Londen gebly het. Nie lank daarna nie het ek vir my City of Evil gekoop nadat ek ‘n interview in Total Guitar magazine gelees het met hulle lead guitarists, Synyster Gates.

Avenged Sevenfold Guitarist

Synyster Gates van Avenged Sevenfold is ‘n meester op die guitar

Om te sê dat ek vir jare na die tyd nie kon ophou praat oor die guitar werk op City of Evil nie is ‘n understatement van formaat. Ek het my vriende voorgestel aan die band en daar was altyd ‘n mixed reaction. Sommige vriende het net so baie soos ek daarvan gehou en ander vriende kon dit nie verdra nie. Die wat dit nie kon verdra nie luister tot vandag toe nog Leon Schuster musiek. Taste in music is subjective en al daardie goed.

In October 2009 is James “The Rev” Sullivan (drummer) oorlede van “acute polydrug intoxication due to combined effects of Oxycodone, Oxymorphone, Diazepam/Nordiazepam and ethanol”, of in normale mens taal: ‘n rock star overdose. Mike Portnoy (ex-Dream Theater) het Avenged Sevenfold uitgehelp op die dromme vir ‘n ruk.

Hier is die video van Avenged Sevenfold se “Bat Country”. As julle die een like kan ek miskien later die week nog ‘n video van hulle met julle deel. Hulle het rustiger shit ook. Laat weet maar wat jy dink in die comments.

Tien “Puff the magic Dragon” punte vir die van julle wat die Fear and Loathing in Las Vegas refrences gevang het.

You may also like...

4 Responses

  1. Lost441 says:

    Dis in my opinie een van die beste bands ooit! Hulle laaste CD nightmare was orgasmies goed. Mike Portnoy is maar net ‘n genius!

    Note: Synyster Gates se pa, is die “Guitar Guy” van Jeff Dunham.

    RIP Rev!

  2. Juan Venter says:

    Kan nie meer saam stem nie, my eerste ontmoeting met A7X was net voor City of Evil, toe ek ‘Unholy Confessions’ op hulle ‘Waking the Fallen’ album ontdek het.

    Ek dink Synester Gates is die wit Hendrix en Matt Shadows is een van die beste vocalists in die wereld (volgens my). The Rev was insane en sou in my opinie een van die beste drummers van all-time geword het.

    Ek dink Oppikoppi moet plan maak en hulle SA toe bring!!

    Fok politiek luister musiek:

    http://www.youtube.com/watch?v=qqoEgj_QB5I

    RIP The Rev

  3. Ruan Stix Fourie says:

    Yeah, Synyster se pa, Brian Harner, speel actually ‘n paar dele op Avenged Sevenfold se self titled album ook. Hy het duidelik die talent oorgedra na sy seun toe.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    “Fok politiek luister musiek” daardie is ‘n great line man!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *