Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ari Shaffir ‘Double Negative’ land 18 Julie op Netflix

Ari Shaffir is ‘n Amerikaanse komediant. Hy is veral bekend vir sy storyteller show This is Not Happening op Comedy Central. Ek het begin om na Ari se stand-up te kyk nadat ek hom as gas gehoor het op so paar podcasts, en toe sy podcasts begin luister ook. Aan die begin van die jaar het Ari sy editing van sy nuwe special klaar gemaak en toe het hy net verdwyn vir 3 maande.

Ari het Suid-oos Asië gaan toer met net ‘n backpack op sy rug. Hy het ook nie ‘n laptop of smartphone saam met hom gevat nie. Nou is hy terug en sy nuwe special begin more (18 Julie 2017) stream op Netflix. Double Negative is ‘n dubbel special, twee sets van 40 minute elk. Een deel oor kind wees en die ander oor ‘n volwassene wees.

Ari praat baie oop oor hoe moeilik dit was om as ‘n komediant te werk vir so lank voordat hy sukses begin behaal het. Hy is doodeerlik oor die feit dat dit ‘n lang tyd vat om goed te raak in iets en praat ook baie oor hoe naby hy was aan opgee. Sy stand-up is donker en anders, en sien wat hy doen as ‘n kuns wat hy verfyn soos hy beter raak daarmee. Double Negative is ook eksperimenteel omdat dit ‘n dubbel special is, en ek kan nie wag om dit te sien nie. Check die trailer hier onder.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *