Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Almal praat oor Ronda Rousey, en met rede

Ronda Rousey is tans die grootste sportvrou in die wêreld. Eintlik dink ek sy mag dalk net die grootste sportstêr wees, punt. Met goeie rede ook, want sy is ongelooflike goed met wat sy doen. Sy het haar laaste twee fights gewen in onder 20 sekondes. Sy het al 11 fights gehad in die UFC en al 11 gewen, 9 met armbars en 2 met knock out. Sy is so goed dat daar tans geen ander vrou is wat ‘n kans staan teen haar nie, behalwe miskien Cristiane “Cyborg” Justino. Ongelukkig is Justino bekend vir steroid gebruik en sy sal dus sukkel om af te kan kom na Bantamweight.

Dus is die obvious vraag op almal se lippe wat sal gebeur as Ronda Rousey teen ‘n man baklei. Joe Rogan die UFC kommentator reken dat Rousey 50% van die Bantamweight mans sal kan wen, en met goeie rede. Ronda neem al deel aan martial arts haar hele lewe lank, haar ma is ‘n Judo kampioen, en dit dra alles by tot die feit dat Ronda unstoppable is, tans.

Ronday Rousey black bikini

Natuurlik het mans sekere fisiese voordele oor vrouens. Ons bone density is anders en ons geraamtes is anders aanmekaar gesit. Testosteroon is ook ‘n motherfucker, tog glo ek ook dat Ronda Rousey baie ouens sal buig en hulle koppe in hulle holle druk, met ‘n smile. Haar Judo is die beste wat al ooit gesien het, van enige geslag. “Judo Gene Lebell” is die naaste wat ek kan dink enige persoon al was aan Ronda in terme van Judo. En die martial arts game het baie verander sedert hy deelgeneem het.

Hel, selfs Floyd Mayweather sal in ‘n MMA fight vinnig sy gat sien teen Ronda, want ek is seker Floyd ken nie so lekker van sprawl nie. Ian McCall reken hy sal Ronda op haar kop kan gooi, maar Ian McCall het my nog nooit in enige van sy fights beindruk soos wat Ronda Rousey nog het nie, elke liewe keer as sy fight nie. Sy ego is seker nog net bietjie seer na hy verloor het (alweer) by UFC #184. Dieselfde UFC #184 waar Ronda haar titel verdedig het en Cat Zingano gestop het in net 14 sekondes.

Ek het nooit gedink ek sal ooit meer opgewonde wees oor vrouens MMA as mans MMA nie, maar tog is ek, en dit is in elk geval baie lekkerder om vir Ronda te kyk as vir enige van die ouens fighters, want Ronda is nie net dodelik nie sy is mooi ook. Ja, ek is so bietjie verlief op haar. My vrou weet, en sy verstaan.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *