gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

15Dec/140

Godsmack – Cryin’ Like A Bitch – ‘n video met lekker knock-outs

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek is nie regtig 'n Godsmack fan nie. Ek hou van so paar songs, soos hierdie "Cryin' Like a Bitch" is nie 'n slegte song nie, maar die video is wat die song maak. 'n Leser van gevaaalik.com het so rukkie terug die link na die video aan my getweet.

Godsmack Cryin Like A Bitch

Ja, jy sien die band ook, maar daar is lekker footage van so hele paar UFC fighters. Vir UFC fighters is MMA nie net 'n stokperdjies nie. Dit is nie dat hulle heeldag werk en dan die "gym klap" na werk nie. Vir hulle is oefen vir fights hulle werk. Want hulle gaan immers in 'n cage in klim saam met 'n ander ou (of vrou in sommige gevalle soos die) en hulle gaan mekaar pretty much probeer doodmaak.

Ja, vir 3 rondtes van 5 minute (of 5 rontes as dit 'n title fight is) is die enigste doelwit om die ander ou uit die fight uit te haal voor hy jou kan uithaal. Of jy hom nou gaan choke, 'n arm/been gaan buig soos hy nie gebuig moet word nie, of die ou uitslaan, dit is al hoe jy kan wen. Geniet die Godsmack video, daar is 'n hele paar cool knock-outs in die in dide video.

Tagged as: , , No Comments
8Jul/141

Ronda Rousey vs. Alexis Davis in 16 sekondes verby

Posted by Ruan Stix Fourie

Die naweek was dit UFC 175. Chris Weidman het sy titel behou in 'n goeie fight teen Lyoto Machida. Maar vir die eerste keer het ek die UFC gekyk en was ek meer opgewonde was oor 'n vrouens fight as enige van die mans fights op die card. Ronda Rousey met haar gruwelike armbar het reguit opgekruip na een van my gunsteling fighters om dop te hou. Nadat ek gesien het wat Rousey met Miesha Tate gedoen het, was ek seker daarvan dat Alexis Davis nie 'n kans staan nie.

Ronda Rousey

Ek, en meeste ander mense (Rousey was die +850 underdog toe die fight begin het) was reg, Davis het geen kans gestaan nie. Ronda open die fight met 'n straight right hou wat vir Davis uit die bos geslaan het. 'n Kort knee deur Ronda gevolg met daardie  daardie famous brons by die Olimpiese Spele Judo hip-toss van haar. Dit het haar in die perfekte posisie bo Davis gesit. Ek is 100% oortuig Davis het op daardie stadium nie geweet wat haar getref het nie. Van hier af het Ronda 9 houe laat reën op Davis se gesig voor referee Yves Lavigne die fight gestop het.

Rousey Davis 16 second fight

Dit was 'n wrede bewys van Ronda Rousey se dominance wat sy tans het oor die womans bantamweight divisie het. Nie net het Ronda 'n ongelooflike grappling agtergrond met daardie Judo van haar nie, maar sy is verseker besig om meer selfvertroue in haar boks te ontwikkel. Ek weet nie of tans iemand is wat Ronda kan hanteer nie, sy is net 'n vlak bo die res. Ek was nog nooit so mal oor 'n meisie wat ek weet sal my maklik kan dood maak.

Tagged as: , , 1 Comment
4Jun/141

TJ Dillashaw: 1.6 meter en 61 kilogram wat jou in ‘n ander dimensie in sal moer

Posted by Ruan Stix Fourie

Daar was nog nooit ‘n beter tyd gewees om te begin om MMA as ‘n sport te volg nie. Dit is die vinnigste groeiende sport in die wêreld, en glo dit of nie, MMA is nog besig om te evolve soos dit aangaan. Die vraag is nog altyd op almal se lippe: “Watter martial art is die effektiefste?” Karate, Judo, Jiu Jitsu, Wresteling, Kick-boxing, Muai Thai of vele meer. Daar was ‘n tyd toe wrestlers MMA gedominate het. Toe kom Henzo Gracie en wys vir wat kan BJJ doen. Ek het altyd gedink Judo is ‘n foefie tot ek geleer het van ‘n jong dame met die naam Ronda Rousey.

TJ Dillashaw after beating Renon Barao

TJ Dillashaw is een van hierdie nuwe generasie MMA practitioners. As jy vat dat hy net ‘n kort rukkie terug in sy Bantamweight UFC bout ingegaan het met Renon Barao. Barao word deur baie gesien as pound for pound die beste fighter in die wêreld en sy fighting record bewys dit; hy staan tans op 32-2 (1). Dit is nou 32 victories, 2 loses en en no contest. Dillashaw was die underdog vir sy fight teen Barao, met ‘n 9-2 fight record.

Ek gaan nie vir jou probeer verduidelik presies hoe TJ Dillashaw vir Renon Baroa stukkie vir stukkie afgebreek het oor 23 minute nie. As jy wil weet presies hoe hy dit gedoen het, stele k voor jy lees hierdie stuk deur Jack Slack. Wat ek jou wel kan sê is dat Renon Baroa se oë amper toegeswel was van al die houe wat TJ hom mee gepeper het. TJ Dillashaw het beweging en spoed tot ‘n nuwe vlak gevat. Kyk die video hier onder en jy sal sien waarvan ek praat. O, Bantamweightsweeg in op tussen 52 kg en 53.5 kg.

Tagged as: , 1 Comment
14Nov/130

Top 20 UFC Knockouts

Posted by Ruan Stix Fourie

knockout

Hierdie naweek gebeur UFC #167 en dit is ook die twintigste jaar wat die UFC aan die gang is. Om hierdie twintigste verjaarsdag te vier het die UFC 'n video met die top 20 knockouts van die laaste 20 jaar bymekaar gesit. Daar is 'n paar shockers hier. Al die beste knockouts in 'n 8 minute video, klink soos 'n wen vir my.

Die Top 20 UFC Knockouts is:

20. Vitor Belfort defeats Wanderlei Silva
19. Renan Barao stops Eddie Wineland
18. Yves Edwards edges Josh Thomson
17. Rashad Evans stuns Sean Salmon
16. B.J. Penn keeps rolling against Caol Uno
15. Travis Browne takes down Alistair Overeem
14. Quinton Jackson and Wanderlei Silva complete the trilogy
13. Pete Williams finishes Mark Coleman
12. Lyoto Machida knocks out Randy Couture
11. Rashad Evans takes down Chuck Liddell in Atlanta
10. Chuck Liddell drops Tito Ortiz
9. Rich Franklin stops Nate Quarry
8. Maurico Rua stuns Lyoto Machida
7. Matt Hughes downs Carlos Newton
6. Chuck Liddell knocks out Randy Couture
5. Dan Henderson finishes Michael Bisping
4. Gabriel Gonzaga ‘Cro Cops' Mirko Filipovic
3. Edson Barboza rolls past Terry Etim
1B. Chris Weidman shocks Anderson Silva
1A. Anderson Silva stops Vitor Belfort

Tagged as: No Comments
8Nov/135

Nick Diaz Highlights

Posted by Ruan Stix Fourie

Al skree ek nie spesifiek vir enige fighter in 'n MMA fight nie, is daar so paar ouens wat ek van hou om te kyk as hulle fight. Anderson Silva, George St. Pierre, Urijah Faber en Nick Diaz. Nick Diaz is 'n uitstekende bokser, overall is hy 'n sterk MMA fighter, maar wat vir Nick al 'n paar keer gehelp het om sy fights te wen is sy fiksheid. Sy cardio is ongelooflik. Hy doen triathlons bo-op sy training vir fights. Daar is 'n video van hom wat 'n speed bag slaan vir 23 minute aanmekaar. Jy kan die video hier sien. Voor jy sê dit is niks, het jy al 'n speed bag probeer slaan vir 5 minute? Gaan try dit bietjie.

Nick Diaz vs Evangelista Santos

Nick Diaz; vat so Evangelista Santos

Nick is ook al geskors van die UFC vir 6 maande deur die Nevada State Athletic Commission oor hy 'n drug test ge-fail het. Hulle het THC in sy sisteem gekry. Nick Diaz steek glad nie die feit dat hy dagga rook weg nie. Die totes is gedoen net voor hy teen Takaknori Gomi baklei het. Sy THC vlak was so hoog dat hulle gesê het dat dit 'n contributing factor was in sy performance. Ja, hy is windgat en praat baie kak, maar dit is altyd lekker om te kyk as Nick Diaz baklei. Hy is net so ongelooflik fiks hy raak nie moeg nie en kan net aanhou punches gooi. En soos jy in die video hier onder sal sien, as hy eers begin punches land, hou hy nie op nie.

Tagged as: 5 Comments
Page 1 of 41234
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers