Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Webblad wys Robbie Klay ís toe leuenaar

Pretoria. Daar was chaos toe Mevrou Koeks Verwoerd gister histeries in die local Spar inhardloop. “Dit was werklik tragies om te aanskou,” het Sarel Berg aan ons korrespondent vertel.

Verwoerd was nog in haar pienk japon en pienk Crocs geklee toe sy die Spar binnegestorm het, en dadelik op die tydskrifrak neergesak het. Nadat sy verskeie uitgawes van Huisgenoot, Vrouekeur en New Age Gaming verskeur het, is sy deur drie sekuriteitswagte, die winkelbestuurder, sowel as vier lede van die publiek met geweld tot bedaar gebring.
‘n Winkelassistent het vir haar suikerwater met ‘n shot vodka gegee, en omstanders kon hoor wat tot haar histerie gelei het. Mevrou Verwoerd, van Annlin, Pretoria, het skokkende nuus oor Robbie Klay ontvang. Klay is alombekend vir sy onlangse molesteringsaak teen die voormalige sanger en creep Jurie Els. Klay sing blykbaar ook, maar hierdie gerugte kon nie teen druktyd bevestig word nie.

‘n Aansienlik kalmer Verwoerd het omstanders vertel hoe sy dadelik Klay se bewonderaarsblad op Facebook besoek het, maar geen amptelike nuus kon vind nie. Dit was toe dat sy Klay se webblad besoek het, en bloot ‘n kennisgewing gevind het wat gesê het dat die webblad van 1 Desember 2010 aktief sal wees. Uiteraard was dit nie.
Verwoerd het in die middel van haar volgende sin haar bewussyn skielik verloor, maar nadat iemand se foon gelui het en sodoende Steve Hofmeyr se “Pampoen” gespeel het, het sy haar bewussyn herwin.

“My hele jaar draai om Skouspel, en ek is nie rerig seker watse maand dit nou is nie, maar ek weet dit is nog amper vyf maande voor Skouspel 2011, en toe weet ek mos Robbietjie het gejok op sy saait,” het sy swaarmoedig gemompel.

“Ek hoop regtig hierdie fout word reggestel,” het ‘n aangedane Sonja Bruwer, bestuurder van die Spar, gesê. “Anders is geen supermark of kafee in hierdie land veilig nie. Veral nie hier in die noordelike suburbs van Pretoria nie. Ook waarskynlik nie aan die Oos- en Wes-Rand nie, nie in Centurion nie, en veral nie in Stellenbosch nie.”
Vanoggend het Klay se webblad (www.robbieklay.com) steeds dieselfde kennisgewing vertoon. Klay se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie, want hy het nie ‘n woordvoerder nie.

Leuens, leuens, leuens.

In ander nuus het Beeld ook berig dat Klay toe wél die vader is van die kind van ‘n 16-jarige skoolmeisie van Pretoria. Hoewel dié leerder slegs 15 was toe die kind verwek is, wat volgens Suid-Afrikaanse wetgewing onwettige omgang met ‘n minderjarige is, en net fokken creepy is, het die leerling se ouers die versekering gegee dat hulle nie regstappe teen Klay oorweeg nie, en dat hulle trots is op hulle dogter en Klay.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *